Water: Hofsaak oor Kubane binnekort aangehoor

Solidariteit se hofsaak teen die departement word in Junie aangehoor. (Argieffoto: Morné van Rooyen

Solidariteit sal op 1 Junie in die hof wees om ʼn interdik teen die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, se planne vir die invoer en ontplooiing van Kubaanse ingenieurs te bekom.

Solidariteit het ʼn dringende aansoek by die Noord-Gautengse hooggeregshof ingedien om die plan te stuit.

Die departement het vroeër aangekondig dat hy Kubaanse kundiges – teen ʼn koste van sowat R65 miljoen – na Suid-Afrika bring om die land met sy waterkrisis te help.

“Ons het reeds met die departement vergader. Hulle het versoek om ʼn alternatiewe plan aan ons voor te lê waarvoor ons ʼn sperdatum vasgestel het en ons het ook dié spertyd twee keer verleng,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Nogtans is daar tot op hede geen alternatiewe voorstel ontvang nie. Die saak is dringend en Solidariteit kan nie toelaat dat dit langer sloer nie. Ons regspan het voortgegaan met dringende regstappe om die minister se planne stop te sit.”

Solidariteit vra ʼn interdik aan wat onder meer sal verhoed dat werk enigsins deur die Kubaanse ingenieurs aan Suid-Afrika se water- en sanitasie-infrastruktuur gedoen word. Die aansoek versoek ook dat geen betalings wat met hierdie ooreenkoms verband hou, gedoen word nie.

“Om ingenieurs in te voer as ons op eie bodem die kennis, bevoegdheid en akkreditasie van gewillige ingenieurs het, is verregaande. Dié Kubaanse ingenieurs is nie in Suid-Afrika geakkrediteer nie.

“Ons belastinggeld kan veel eerder gebruik word om ons eie ingenieurs en werkers in diens te neem. Ons kan nie toekyk hoe die minister hulpbronne deur haar irrasionele besluite verkwis nie. Ons prioriteit is om die belange van Suid-Afrikaanse werkers te bevorder,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anel ·

Sy het mos gesê solank dit nie wit Suid Afrikaaners is nie. Sy behoort van rassisme in die ergste graad aangekla te word.

Hennie J ·

Stem saam Anel. Die sogenaamde menseregtekommissie skitter nou in hul afwesigheid.

Nie Verbaas ·

Ongelukkig vir haar kan kleur nie intellek en logiese denke vervang nie. Sy moet aangekla word van diskriminasie.

Kosie ·

Al die regters is almal ANC hulle sal se dit is reg sy kan die kubane inbring

Kokerboom ·

Die Koster water/riooldebakel is ‘n sprekende voorbeeld

Hennie J ·

Dankie Solidariteit. Kom ons vertrou dat die saak na n regter verwys word wat die meriete daarvan sal bereg.

Althes ·

Ek bid dat die Here jul seën met ñ positiewe uitslag.
Genoeg is genoeg met rassisme en diskriminasie omdat kritieke vaardighede waaroor wit mense beskik verwerp word teen onnodige onkoste van die belastingbetaler.

Danie ·

Hulle skuld die Kubane te veel en daar is nie geld om dit terug te betaal, hierdie is die enigste manier hoe Kuba hulle geld gaan kry, beloftes maak skuld

jzjz05 ·

*Duidelik die dubbel standaarde,die nuwe ANC apartheid dan het hulle die vermetelheid om Israel vir apartheid te beskuldige.
.SIES.

JohanR ·

En ou pruik is nie gelukkig nie! Nou wag ons vir die Kubane by Eskom, Transnet, Prasa, Denel, SAL……

KB ·

As Ace ‘n dringende aansoek na die hof bring, word dit aangehoor (hier gaan dit oor een persoon). As Solidariteit ‘n dringende aansoek bring word dit uitgestel met meer as twee weke (hier gaan dit oor duisende Suid-Afrikaners se gesondheid, én ‘n wandaad van nóg ‘n minister).
Die minister behoort ook terug te staan, en hierdie is ‘n blatante skending van menseregte…julle is in die verkeerde hof…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.