Water is ononderhandelbaar – AfriForum soek antwoorde

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van water en sanitasie het aan AfriForum bevestig dat ondersoek ingestel word na klagtes van finansiële wanbestuur in dié departement. Dit volg ná AfriForum ’n dringende skrywe aan Nomvula Mokonyane, minister van dié departement, gerig het.

In die skrywe word spesifieke dokumente, waaronder finansiële state, van die departement aangevra, en die minister word geleentheid gebied om haar kant te stel. “Die wanbesteding van staatsfondse is besig om die oogmerk van waterdienste in Suid-Afrika te kelder. Dit veroorsaak dat gemeenskappe se krane leeg loop,” sê Chris Boshoff, AfriForum se omgewingskoördineerder.

Boshoff meen verder dat hierdie tipe wanbestuur ’n strafregetlike misdryf is onder die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999. Artikel 86 stel dit duidelik dat selfs nalatige wanbestuur tot strafregtelike vervolging kan lei. “Suid-Afrika is ’n waterskaars land en ons kan nie met die bestuur daarvan mors nie,” meen Boshoff.

Lede van die gemeenskap kan help om druk op die departement van water en sanitasie toe te pas: SMS jou naam na 45354 (R1 per SMS).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.