Water na dele van Jhb herstel

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Rand Water, wat drinkwater aan hoofsaaklik Gauteng verskaf, het Woensdag aangekondig dat herstelwerk aan sy B11- en B19-pypleiding afgehandel is en watertoevoer herstel is.

Water vloei deur die B11- en B19-pypleiding na die Vereeniging-watersuiweringsaanleg – wat water aan Rand Water Eikenhof-pompstasie, aan die suide van Johannesburg, verskaf.

Maroela Media het vroeër berig die watersuiweringsaanleg was sedert Maandagoggend vir ʼn tydperk van 54 uur lank nie beskikbaar nie weens herstelwerk aan die pype.

Talle gebiede in Johannesburg het gevolglik ʼn tekort aan water gehad.

Volgens Justice Mohale, woordvoerder van Rand Water, is verskeie van dié grootmaat-waterverskaffer se reservoirs tans kritiek laag weens die herstelwerk. Volle watertoevoer na hierdie reservoirs is egter herstel en dus sal reservoirs se watervlakke ook mettertyd verbeter.

“Lae watervlakke het tans ʼn uitwerking op verskeie munisipale reservoirs binne die Johannesburgse waternetwerk. Ons vra dat inwoners geduldig sal wees en water steeds spaarsamig sal gebruik totdat die watertoevoer heeltemal herstel is,” sê Mohale.

Die volgende reservoirs en watertorings in die Johannesburg-gebied word steeds deur die wateronderbreking geraak: Merendale, Forest Hill, South Hills, Crown Gardens, Eagles Nest, Naturena, Allenmanor, Crosby, Brixton, Hurst Hill, Waterval Tower, Linden, Quelerina, Florida-Noord en Constantia.

Die watervlak in die Forest Hill-reservoir staan tans op 0,58 m. Daar moet 1,5 m water in die reservoir wees voordat water uit die Forest Hill-toring gepomp kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shakespeare ·

Wat ‘n prestasie kaders. Ongelooflik inaggenome julle absolute onbevoegdheid.

Tersia ·

Ons is ook al 5 dae sonder water! vanoggend was daar ‘n bietjie en net ewe skielik weereens niks!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.