Water na drie munisipaliteite beperk

kraan-water-glas

(Foto: pixabay)

Rand Water gaan Maandag voort met die beperking van waterdruk na drie munisipaliteite – twee in Mpumalanga en een in Gauteng – weens voortgesette wanbetaling.

Justice Mohale, woordvoerder van Rand Water, het gesê watervoorsiening aan die Victor Khanye- en Govan Mbeki-munisipaliteit in Mpumalanga en die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng word geraak.

Die waterdruk na al drie munisipaliteite word voortaan met 20% verminder.

Emfuleni [Vereeniging, Vanderbijlpark, Evaton, Sebokeng] skuld Rand Water altesame R1,1 miljard en is R994 miljoen agterstallig.

Die Victor Khanye-munisipaliteit [Delmas, Botleng, Eloff, Sundra] se agterstallige skuld beloop R185 miljoen en sy algehele skuld aan Rand Water is R194 miljoen.

Die Govan Mbeki-munisipaliteit [Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt] se skuld aan Rand Water staan in hierdie stadium op R351 miljoen, waarvan R314 miljoen agterstallig is.

Mohale sê al drie munisipaliteite het ondanks verskeie vergaderings, aanmanings, formele korrespondensie en betalingsooreenkomste steeds versuim om hul skuld te vereffen. “Selfs nadat hulle ingestem het om ʼn sekere bedrag te betaal, het hulle dit nie gedoen nie,” het hy gesê.

Mohale sê Rand Water het op die ingrypende stap besluit nadat geen van sy vorige pogings om die skuld in te vorder tot dusver suksesvol was nie.

“Die beheermaatreëls word ingestel om die munisipaliteite nou te dwing om hul verpligtinge na te kom vir die betaling van water wat verskaf is.”

Rand Water het ook die minister van water, sanitasie en behuising, asook die provinsiale departement van samewerkende regering in die twee provinsies van die besluit ingelig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Fedup ·

You can let those taps dry, won’t make no difference at all.
No money after a few years of excellent spending.

AndréS ·

Lê beslag op die Munisipaliteit se bates, ingeslote dié van die bestuurders
Dan sal hulle gou begin betaal

Lizzy8 ·

Sny maar die water af. Hulle gaan in elk geval nie ‘n sent kry nie.

johanf ·

Jy mag nie water afsny soos Elektrisiteit nie…… In die laat 90,s, vroeë 20,’s was die 1ste 6kl gratis, dws 6000 liter, hoe nou…. Ek is lank nie meer betrokke, maar was ń Regerings besluit…….

Dup ·

Ons arm munisipaliteite se storie tot dusvêr….vervang bekwame raadslede met onbekwame en onbeholpe lede soos bepaal deur die regering se kader ontplooiing proses.Koop dadelik luukse motors met persoonlike bestuurders per motor.Stel n minimum van vier lyfwagte aan per raadslid.Onderhouds begroting word nie bestuur en bestee nie.Tenders word toegeken aan vriende en familie.Fondse verdwyn en infrastruktuur stort in duie…..einde van storie…

Gert Johannes ·

Nou praat jy, 1 blanke vervang met 5 swart onbekwame kaders en elkeen kry meer as wat die blanke gekry het en kan nie die werk doen nie.

Niklaas ·

Waar is daardie gelde dan heen ? In buitelandse bankrekenings geplaas en sonder dat hul betrap is daarmee. Dit kan mos nie net verdamp nie. Iewers moet dit lê .

Annette ·

Weereens word getroue betalers, net soos met die elektrisiteit, gestraf vir die munisipaliteit se wanadministrasie, korrupsie en onbekwaamheid. Dis maklik om te sê sny maar af, maar daar is altyd onskuldige mense wat saam ly. Die skuld t.o.v. water is maar net `n deeltjie van die totale skuldlas. Hulle moet begin om die politici en amptenary persoonlik aanspreeklik te hou vir die gemors waarin hulle munisipaliteite laat beland het. En staak dienste aan wanbetalers of persone wat gladnie betaal nie. Gatvol.

Hendrik ·

Ooe ek is bly dat ons nie deel is van die minisipale gemors stelsel nie. Selfstandigheids areas is harde werk maar beslis die oplossing vir die toekoms.

Gert Johannes ·

Pragtig , self voorsiening en self werksaamheid die enigste oplossing , ook vir roof en moord.

George ·

Sad, the people pay the municipality who does not pay the water board and the people must suffer due to municipal stupidity or their long fingers!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.