Water: Skuld is nie betalende inwoners se probleem nie

Argieffoto

Die departement van waterwese se dreigement om Vrystaatse munisipaliteite wat waterrrade nagenoeg R3 miljard skuld se water af te sny, is ʼn klap in die gesig van betalende inwoners. Só sê Jan van Niekerk, VF Plus-leier in die Vrystaat.

Die departement dreig tans om watertoevoer na sewe Vrystaatse munisipaliteite af te sny indien hulle nie teen 8 Desember hul waterrekeninge vereffen nie.

Die VF Plus sal die minister van waterwese, Nomvula Mokonyane, versoek om haar departement se beoogde waterafsnyding van agterstallige munisipaliteite te heroorweeg.

“Vuisvoos belastingbetalers in die Vrystaat swoeg reeds onder knaende watertekorte en verhoogde watertariewe as beskermingsmaatreëls in droogtegeteisterde munisipaliteite. Nie net is water ʼn grondwetlike reg nie, maar dit sal onregverdig wees as betalende inwoners geaffekteer word deur die wanbestuur van munisipaliteite, waterrade en waterverskaffers. Dit is die plig van die departement en munisipaliteite om seker te maak dat waterrekeninge vereffen word,” het van Niekerk bygevoeg.

“Tegniese probleme soos in Mangaung, waar dispute tussen die munisipaliteit en Bloemwater bestaan, is nie die probleem van betalende inwoners nie; dit is die verantwoordelikheid van die regering om seker te maak dat skuld nie eskaleer tot die punt waar daar gedreig word met waterafsnyding nie.”

Agterstallige munisipaliteite in die Vrystaat se skuld aan waterrade beloop tans:

Mangaung (Bloemfontein, Botshabelo, Dewetsdorp, Mangaung, Thaba Nchu, Van Stadensrus, Wepener): R349 227 064

Kopanong (Bethulie, Edenburg, Fauresmith, Gariep Dam, Jagersfontein, Philippolis, Reddersburg, Springfontein, Trompsburg, Waterkloof): R196 689 402

Ngwathe (Edenville, Heilbron, Koppies, Parys, Vredefort): R83 322 099

Mafube (Cornelia, Frankfort, Tweeling, Villiers): R159 850 470

Maluti-a-Phofung (Harrismith, Kestell, Phuthaditjhaba): R233 925 937

Mathjabeng (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom): R1 849 226 784

Nala (Bothaville, Wesselsbron): R126 954 981

TOTAAL: R2 999 196 737

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jan_alleman ·

nee jong die witmense moet mos pa staan vir alles , laat hulle die water afsny , dalk skrik mense wakker en besef ons het hierdie demokrasie grappie te ver laat gaan

Johanna Botha ·

Hoe het die skuld so hoog geraak …ons betaal een maand nie en dis afgesny ?

John ·

Munisipaliteite moet hof toe gesleep word. Hulle dien die inwoners nie andersom nie….

Vermeende ·

Sny af, moenie net dreig nie.
Kom ons kyi wat die massas sal doen as hulle afsny, die wereld sal brand en daar sal nie n drupel wees vir die laaste een of twee brandweer waens nie.
Geen boer sal sy broer wegwys wat dors het nie maar die ander is n ander saak.

snoefie ·

en dan hou die ob haar op met beuselagtigheid soos geldverkwisting met mandeka se begrafnis. asb vf+ dagvaar haar om haar werk te doen. laat sy gaan soek wat het van die geld wat aan munisipaliteite betaal was geword.

Johann Marx ·

Hier skep die trawante ‘n guld geleentheid vir die “betalendes” om die munisipaliteite “terug te vat” en te bestuur soos dit behoort te word…..maar wat doen ons? Ons sit en “comment” met “Ja jong, sien jy nou weer, hopeloos, hopeloos, wanneer gaan die oë oopgaan, lekker man, lekker…..” Plaas daarvan behoort ons nou met ons koppe bymekaar ‘n aksie te loods om hierdie jakketrakke UIT die munisipaliteite UIT te kry………..en dit “self” te begin doen, soos wat ons IN ELK GEVAL al reeds doen. Het ENIGE BBV al ‘n poging aangewend om ‘n munisipaliteit by die provinsiale regering te koop? (en dan soos ‘n besigheid te bestuur). Hoekom nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.