Waterbeperkings in Rustenburg duur voort

Foto: Argieffoto

Die munisipaliteit het Maandag bevestig dat streng waterbeperkings in Rustenburg in Noordwes voortduur.

Die munisipaliteit het dié beperkings verlede week op die dorp ingestel weens die voortslepende droogte en dorpenaars se hoë waterverbruik.

Die beperkings tree elke middag vanaf 17:00 tot 05:00 die volgende oggend in werking. Inwoners van Geelhout het die afgelope week geen water in hul krane nie. Luidens die verklaring sou watertoevoer egter Maandagaand omstreeks 18:00 in dié gebied herstel word.

David Magae, woordvoerder van die munisipaliteit, het in ʼn verklaring om verskoning aan inwoners van Tlhabane-Wes gevra vir die gebrek aan watertoevoer in dié gebied. Die pomp by die nywerheidsreservoir wat water na Geelhout pomp, het boonop te midde van die waterbeperkings ingekonk.

Volgens Magae het die munisipaliteit onverpoos gewerk om die pomp so gou as moontlik te herstel nadat die probleem geïdentifiseer is.

Magae verduidelik dat die vraag na water in die gebied die aanbod oorskry, wat verder druk op die watervoorraad plaas.

“Barnardsvlei het in die vroeë oggendure slegs 14% van die watertoevoer in die stelsel aangeteken. Indien verbruikers, insluitende nywerhede en myne, nie hul waterverbruik aansienlik verminder nie, kan die stelsel heeltemal uitgeput word. Dan sal daar geen water voorsien kan word nie.”

Maroela Media het vroeër berig die dorp se reservoirs het geen kapasiteit nie en daar sal geen water vir inwoners, ondernemings of nywerhede beskikbaar wees nie indien die normale verbruik van water voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Zelda ·

Die rede hoekom daar nie water is nie. Is omdat die gebarste pype wat reg gemaak is weer die volgende dag bars en duisende liters water in die pad afloop. Vir al in die Boschdal Area. En as jy verby sekere mense se huise ry is die kraan oop gedraai die mense weg werk toe en vanmiddag 5 uur as jy daar verby ry dan spuit die water nogsteeds. Dan wil hulle ander mense straf wat mooi werk met die water????

Pieter ·

Gee vir almal water verniet dit is mos wat julle ANC belowe het julle het gedink krag is n probleem wil sien waar gaan julle klomp van die ANC water kry

Gert van Wierdapark ·

Die water-probleme in SA gaan net al HOE ERGER word!! Dus MOET water dwarsoor SA behoorlik “bestuur” word, sodat die hele land nie binnekort dieselfde probleme het as wat in die Wes-Kaap gebeur het nie! ELKE VERBRUIKER moet Opgevoed word rakende water, en as hul nie wil hoor en doen nie, “opgevoeter” word! In Centurion met sy dolomiet BEHOORT elke boorgate ook verseel te word, “finish en klaar”. Voor-sorg is beter as nasorg wat water beskikbaarheid en moontlike sinkgate/versakkings betref.

Pb ·

Welkom by die klub. Polokwane het al vir maande in die aand tot 7uur volgende oggend geen water beskikbaar nie. Die laaste paar dae het ons geen water in sekere dele nie. Altyd n pomp wat staan, n pyp wat breek…selfs mense wat die herstelkers van pompe belemmer om gmherstelwerk te doen. Anargie en useless in alle opsigte. Hier kom ernstige probleme as dit nie binnekort reen nie

dave ·

ja ek stem saam hulle kry water en krag virniet maar hulle sal wragtig nog in die damme en riviere hulle kleure was en hulle besighuid daar lat in loop die land se water is vrot

Penelope ·

Magae: jy beweer dat die munisipaliteit ONVERPOOS gewerk het aan die waterprobleme in Rustenburg. Jy weet nie waarvan jy praat nie. En, Oos Einde sukkel ook weke al met gebarste pype. Laat ek jou reghelp en daar is fotos geneem…. Jou bende het ONVERPOOS onder die bome gesit terwyl hulle oortyd boek. Die DA hardloop op en af en moet julle voortdurend oppas. Ons is moeg vir jul stories, julle is pateties en ek wens iemand wil behoorlik ondersoek instel en vir mense werk gee wat dit kan doen en wat dit nodig het. As jy nie wil werk nie… gaan vlieg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.