Waterbeperkings in Rustenburg ingestel

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die Rustenburg-munisipaliteit in Noordwes het Maandag geskeduleerde waterbeperkings ingestel.

“Hierdie waterbeperkings is ʼn gevolg van uiters lae watervlakke in die stelsel. Die Rand Water-stelsel staan tans op 1% en inwoners en ondernemings sal minimale watertoevoer tot geen watertoevoer beleef in die groter Rustenburg-omgewing,” het David Magae, woordvoerder van die munisipaliteit, gesê.

Hy het gesê die waterbeperkings word toegepas op al die reservoirs in die stad om water te bespaar wat reeds in die stelsel gestoor is.

Die gebiede wat hierdeur geraak word, is Cashan, Protea Park, Waterkloof, Rustenburg-middestad, East End, Boschdal, Bo-dorp, Safari, Waterfall East en Selly Park.

“Alhoewel daar gebiede is wat geïdentifiseer is wat eerste wateronderbrekings sal beleef, bly die groter Rustenburg-gebied ook in gevaar. Ons doen ʼn beroep op alle verbruikers om water spaarsamig tydens dié periode te verbruik totdat watertoevoer weer gestabiliseer het.”

Hy het gesê tuine mag nie natgelei word nie en swembaddens mag nie opgevul word nie.

Die waterbeperkings is geskeduleer van 13:00 – 17:00 en 22:00 – 05:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jennefer ·

Vandat Nylstroom Modimolle geword het,het ons nie meer water nie.

jaco ·

vreemd dat n ANC plek watertekorte het.
‘n ANC raadslid het dan iewers in 2017 gesê die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem.
So nou wonder ek maar net: as dit dan NIE sonde is nie om te stem vir die ANC en as korrupsie, swak of geen dienslewering, diskriminasie teen wit mense, jobs vir onbevoegde kaders ens ens dan NIE sonde is nie, waarom is dit dan droog in Rustenburg?

J van Rustenburg ·

Tuine mag nie nat gelei word nie maar waterpype bars nog weekliks soms daagliks en word dan traag reg gemaak Baie keer bars hulle ‘n tweede en selfs ‘n derde keer op dieselfde plek Amper 50% van die water wat by Randwater gekoop word eiendig in die stormwater dreine

Pensioenaris ·

Wou graag bietjie vakansie gaan hou het op Modimolle maar hoe gemaak as daar nie water is nie.

Ongelukkig van Rustenburg ·

Tog ironies om te sien dat slegs die gebiede wat getrou maandeliks hulle munisipale rekeninge betaal nie water het nie. Net soos met krag en beurt krag. Die areas waar die rekeninge betaal word, word eerste gesny, terwyl areas en gebiede waar rekenings nooit betaal word en sekerlik miljoene agterstallig is, nooit gesny word vir water of krag nie. Wonder as ek ophou betaal of ek dit ook dan net verniet gaan kry …………

Lizette Wood ·

Wat van die res van Rustenburg? Tlhabane, Zinniaville, Rustenburg Noord, Ooseinde, Boitekong, CBD, Bo Dorp en so voorts? Rustenburg is BAIE groter as net die handjie vol plekke soos in die artikel uit gesit. Hoekom is dit altyd dieselfde mense wat gestraf word?

Talita Naude ·

En hier kom nog ‘n Kersfees sonder water…. Elke jaar dieselfde storie. So paar jaar terug het ons munisipaliteit ons area se water sommer vir 6weke afgesit in die tyd. Dis dalk nie oor die water te min is nie, miskien moet ons kyk na die wat dit moet voorsien. Dis ook nèt die areas wat as “gereelde betalers” beskou word wat se water elke keer afgesit word. Maak mos sin.

Koos ·

S jy mooi lees sal jy sien Bo Dorp en Oos Einde is op daai lys

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.