Waterbeperkings in Rustenburg ingestel

Foto: Argieffoto

Die munisipaliteit van Rustenburg in Noordwes het Woensdag noodgedwonge waterbeperkings geïmplementeer weens die hoë aanvraag in watervoorsiening.

Volgens Andrew Seome, woordvoerder van die munisipaliteit, lê die hoofreservoir op die dorp se watervlak tans op ’n skamele 30%. Dié reservoir voorsien al die reservoirs op die dorp van water. Noodmaatreëls sal gevolglik geïmplementeer word om te voorkom dat dié waterstelsel leeg loop en Rustenburg se krane opdroog, het Seome gesê.

Seome sê dat die Rand Water Barnardsvlei-stelsel asook die Rustenburg-Suid-stelsel wat die dorp van water voorsien onder geweldige druk verkeer weens ’n hoë aanvraag in water.

Beperkings is sedert Woensdag daagliks van 19:00 tot 05:00 ingestel en sal tot verdere kennisgewing van krag wees.

Inwoners van Boitekong, Sondela, Seraleng, Paardekraal, Sonopkoms, Ramochana en die Vryheidspark-, Meriting- en Boitekong-uitbreiding sal waterbeperkings daagliks van 17:00 tot 07:00 ervaar weens lae reservoirvlakke by Magalies Water Bospoort.

Volgens Seome sal alle uitbreidings, insluitend Cashan, Bo Dorp, Safari Gardens, die Boschdal-gebiede, dele van Geelhoutpark, Waterfall-Oos, Savannah Falls asook Protea Park ook lae waterdruk ervaar gedurende die genoemde tye.

“Hoërliggende gebiede sal waarskynlik geen water hê nie, terwyl ander gebiede lae waterdruk sal ervaar,” het Seome gesê.

“Ons moedig inwoners aan om water spaarsamig te gebruik en dus nie tuine nat te lei of swembaddens op te vul nie. Die munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief veroorsaak deur die ingestelde waterbeperkings,” het hy gesê.

Seome stel inwoners gerus dat die munisipaliteit inwoners in kennis sal stel sodra die hoofreservoir se watervlak bo 80% styg en die stelsel weer volhoubaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Debbie ·

Sadly we have more burst pipes on the whole of Rustenburg every day. I am sure this is part of the problem. It’s like Rustenburgbis bursting at the seems with water pipe bursts all over and surrounding areas. If they could manage that then we would at least have a bit more water.

J van Rustenburg ·

Wat ‘n skande dat ons dorp op so manier die nuus moet haal Net vir die rekord Die water tekort het sy ontstaan aan waterpype wat op ‘n weeklikse en soms daaglikse tempo bars en soms loop die water vir langer as ‘n dag by die straat af Op ‘n staduim is gese die munisipaliteit kan vir helfte van die water wat dit by Randwater kry nie verantwoording gee nie Om te se dis as gevolg van ‘n hoe aanvraag is sommer nonsens

J van Rustenburg ·

Dit is ‘n skande dat ons dorp op die manie in die nuus moet kom Ek voel nogal erg oor die berig want waar ek bly is ons water gereeld af oor ‘n gebarste pyp en water wat gevolglik by die straat afloop Daar word gese die aanvraag is hoog maar dis ‘n leun dis agv die vermorsing van die water en die onvermoee om die infrastruktuur in stand te hou Daar is op ‘n tyd gese die munisipaliteit kan vir helfte van die water wat by Rand water gekoop word nie verantwoording gee nie maw dis by die storm water drein af

G Vaughan ·

Ek stem daar is n aanvraag vir water want daar is nooit water want elke dag bars n pyp en dan stroom die water weg oor hul onbevoeg is om dit reg te maak laas week het vier privaat mense uit hul eie n pyp reggemaak wat munsipaliteit nie kon regmaak nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.