Waterbeperkings in sommige dele van die Wes-Kaap opgehef

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van waterwese en sanitasie het aangekondig dat die droogte in die Ladismith-Calitzdorp-distrik iets van die verlede is en die waterbeperkings is in sommige dele opgehef.

“Die winterreënval het laat in die Wes-Kaap begin,” het Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, gesê. “Die eerste goeie reën het die groot damvlakke met ʼn gemiddeld van 2.5% laat styg.”

Ratau het gewaarsku daar is steeds waterbeperkings in Clanwilliam en Vredendal.

“Alhoewel die reënval tot ʼn afname in die vraag na water lei, pas die departement in samewerking met munisipaliteite, watterrade en ander rolspelers, maksimum waterbeperkings toe in die betrokke dele.”

Sommige van die damme wat vir watervoorsiening en besproeiing gebruik word, is Theewaterskloof, Bergrivier, Voëlvlei en Wemmershoek. Brandvlei, Leeu-Gamka, Stompdrift en Floriskraal word slegs vir besproeiing gebruik.

Daar is tans geen ander waterbeperkings in die Wes-Kaap nie, maar normale waterbesparingsmaatreëls word aangemoedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.