
(Foto ter illustrasie: pixabay)
Menslike oorskot is in ʼn waterreservoir by Durban gevind.
eNCA berig soek-en-reddingsduikers het die beendere Vrydagmiddag uit die reservoir in Verulam verwyder.
Volgens die munisipaliteit word die waterkompartement nou behandel en skoongemaak. Volgens eNCA blyk dit ook dat daar met die deur van die opgaartenk gepeuter is.
Watertoevoer na verskeie woonbuurte word geraak terwyl die skoonmaakoperasie voortduur en watertenks sal as ʼn tussentydse maatreël ontplooi word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
26 Kommentare
Siesssaaaaaa !
En hoe lank drink mense al die water?
So daar is nou geraamtes in die water en nie net in die kas. Die hele RSA raak nou ‘n begraafplaas van bedrog en korrupsie, letterlik en figuurlik.
Wat is volgende skande
Nope, vorentoe speel ek veilig en gebruik net Tops se reservior.