Waterbeperkings toegepas weens lae watervlakke by Swartruggens-dam

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Kgetlengrivier-munisipaliteit in Noordwes het Vrydag waterbeperkings met onmiddellike effek in Swartruggens begin toepas weens lae watervlakke by Swartruggens-dam, die grootste bron van water vir die gebied.

“Die departement van water en sanitasie het ʼn verslag uitgereik dat die dam tans op 6.4% staan,” het Omphemetse Sannah Magakgala, woordvoerder van die munisipaliteit, in ʼn verklaring gesê. “Die munisipaliteit pomp nie meer water uit die dam nie, omdat die water nie gebruik kan word nie en nie veilig is om te drink nie.”

Gebiede wat hierdeur geraak word is Swartruggens, Rodeon en Borolelo- informele nedersetting.

Die munisipaliteit het in 2015 ʼn noodtoestand afgekondig toe Swartruggens ʼn erge droogte beleef het.

“Ons doen ʼn beroep op ons inwoners en ander verbruikers om spaarsamig te werk te gaan om seker te maak die munisipaliteit kan aan sy verpligtinge voldoen.”

Vier watertenkers word tans gebruik om water aan inwoners te verskaf en 20 waterhouers is by strategiese punte in Borolelo geïnstalleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ray ·

Bietjie laat om nou te reageer? Daai dam is seker ook te groot gebou om vol te kry

Logan ·

Nee sorry. Die dam is nie te groot gebou nie. Die dam was skoon geskraap toe die dam leeg was so 2 jaar terug. Probleem reën is te min. En water word heelwat gemors. Soos kranne wat oop gelos word,pype wat al lank lek. As ek moet skat,sal swartruggens dam 6 keer in Klerksdorp dam pas,as dit nie meer is nie. Goeie reëns dan is die dam weer vol.

FM ·

Ek staar in verwondering en lag my n papie. As julle skrik,skrik dan net wakker. Daai paytjek,fish en chips en kentucky is BAIE belangriker as dienslewering.???

Sarel Stofberg ·

Definitief te veel, te veel onopgevoedes wat nie die werk kan of wil doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.