Die Tshwane-stadsraad het gesê streng waterbeperkings sal ingestel word in etlike gebiede wat onder dié stadsraad val as gevolg van ʼn verhoogde watergebruik en lae reservoir-watervlakke sedert September vanjaar.
Lindela Mashigo, ʼn woordvoerder van die stadsraad, het gesê dié verhoogde watergebruik het Rand Water nou genoop om streng beperkings in te stel om te verseker dat die kwotas water per gebied nie oorskry word nie.
Mashigo het gesê daar is reeds beperkings geplaas op talle reservoirs se watermeters in die Tshwane-omgewing.
Hy het gesê die stadsraad maan inwoners om meer water te bespaar en te onthou dat talle reëls, soos die stad in Mei vanjaar bekend gemaak het, reg deur die jaar geld. Dié reëls is onder meer dat inwoners nie tussen 11:00 en 16:00 hul tuine mag natlei nie.
Die areas waarvan die watermeters reeds beperk is as gevolg van verhoogde verbruik is:
- Louwlardia
- Rooihuiskraal
- Kosmosdal
- Blair Atholl
- Bakenkop
- Soshanguve
- Mabopane
- Kruisfontein
- Ga-Rankuwa-nywerheidsgebied
- Ga-Rankuwa
- Rosslyn-Noord
- Akasia
Ander areas wat ook geraak word, sommige met reservoir-watervlakke minder as 40%, is:
- Akasia
- Bakenkop
- Grootfontein
- Queenswood
- Magaliesberg
- Hercules
- Atteridgeville LL
- Soshanguve LL
- Annlin
- Carinastraat-Oos
- Klipfontein
- Temba
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Lae reservoir vlakke? Ja nee, met goeie damvlakke wys hierdie weer eens die DA se swak bestuur in Tshwane, net soos ‘n jaar gelede. Om een of ander rede wil of kan hulle nie die reservoir wat Centurion voed op die regte vlak hou nie. En mens betaal ‘n ekstra maandelikse bedrag vir die skoonhou van paaie bo en behalwe jou vullis verwydering. En vir wat? Gaan kyk maar hoe vieslik vuil is Rooihuiskraal en omstreke se strate geduring. Swak bestuur
Ek glo nie dit het met n politieke party te doen. Daar is maar net doodeenvoudig n groot persentasie mense wat nie bekwaam is vir sekere take. Stel tog mense op meriete aan en nie op emosies nie.
Wat het geword van vooruit beplanning? Om nie te praat van die MILJOENE LITERS WATER wat nounal vir WEKE net duskant die R21 en ELEPHANT kryising aan die Monumentpark kant in dienstormwater kanaal loop???????????? Hoeveel.keer reeds opr en oor aangemeld maar NIKS word gedoen nie?
Opvallend hoeveel van die areas geskied kundig NIE betalende areas is….?
Amanda, dit het presies met n politieke party te doen. Het die DA enige moeite gedoen om die ANC kaders weg te jaag en bekwame personeel aan te stel – NEE. En ek sal jou se hoekom nie. Die DA is maar net soos die ANC – ses van die een en ‘n half dosyn van die ander.