Waterbeperkings vir dié Tshwane-gebiede

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die Tshwane-stadsraad het gesê streng waterbeperkings sal ingestel word in etlike gebiede wat onder dié stadsraad val as gevolg van ʼn verhoogde watergebruik en lae reservoir-watervlakke sedert September vanjaar.

Lindela Mashigo, ʼn woordvoerder van die stadsraad, het gesê dié verhoogde watergebruik het Rand Water nou genoop om streng beperkings in te stel om te verseker dat die kwotas water per gebied nie oorskry word nie.

Mashigo het gesê daar is reeds beperkings geplaas op talle reservoirs se watermeters in die Tshwane-omgewing.

Hy het gesê die stadsraad maan inwoners om meer water te bespaar en te onthou dat talle reëls, soos die stad in Mei vanjaar bekend gemaak het, reg deur die jaar geld. Dié reëls is onder meer dat inwoners nie tussen 11:00 en 16:00 hul tuine mag natlei nie.

Die areas waarvan die watermeters reeds beperk is as gevolg van verhoogde verbruik is:

  • Louwlardia
  • Rooihuiskraal
  • Kosmosdal
  • Blair Atholl
  • Bakenkop
  • Soshanguve
  • Mabopane
  • Kruisfontein
  • Ga-Rankuwa-nywerheidsgebied
  • Ga-Rankuwa
  • Rosslyn-Noord
  • Akasia

Ander areas wat ook geraak word, sommige met reservoir-watervlakke minder as 40%, is:

  • Akasia
  • Bakenkop
  • Grootfontein
  • Queenswood
  • Magaliesberg
  • Hercules
  • Atteridgeville LL
  • Soshanguve LL
  • Annlin
  • Carinastraat-Oos
  • Klipfontein
  • Temba

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nicolaas ·

Lae reservoir vlakke? Ja nee, met goeie damvlakke wys hierdie weer eens die DA se swak bestuur in Tshwane, net soos ‘n jaar gelede. Om een of ander rede wil of kan hulle nie die reservoir wat Centurion voed op die regte vlak hou nie. En mens betaal ‘n ekstra maandelikse bedrag vir die skoonhou van paaie bo en behalwe jou vullis verwydering. En vir wat? Gaan kyk maar hoe vieslik vuil is Rooihuiskraal en omstreke se strate geduring. Swak bestuur

Leeu ·

Duidelik verstaan ons nie hoe dit werk nie. Gaan leer eers voor jy jou slenter rondgooi pel.

Brombeer ·

En sommige mense verwag dat Rome in een dag gebou moet word, maar vergeet vining dat die DA dit reggekry het om die finansiële agterstand, waarin die ANC ons gelos het, om te keer en Tshwane nou eindelik na maande se gestoei in die groen is.
Wonder wat doen Leeu om te help om strate en omliggende areas skoon te hou………..maar dis mos makliker om eerder te brul, brom en te kla.

Amanda ·

Ek glo nie dit het met n politieke party te doen. Daar is maar net doodeenvoudig n groot persentasie mense wat nie bekwaam is vir sekere take. Stel tog mense op meriete aan en nie op emosies nie.

Johann ·

Wat het geword van vooruit beplanning? Om nie te praat van die MILJOENE LITERS WATER wat nounal vir WEKE net duskant die R21 en ELEPHANT kryising aan die Monumentpark kant in dienstormwater kanaal loop???????????? Hoeveel.keer reeds opr en oor aangemeld maar NIKS word gedoen nie?

Johann ·

Opvallend hoeveel van die areas geskied kundig NIE betalende areas is….?

Swart Piet ·

Amanda, dit het presies met n politieke party te doen. Het die DA enige moeite gedoen om die ANC kaders weg te jaag en bekwame personeel aan te stel – NEE. En ek sal jou se hoekom nie. Die DA is maar net soos die ANC – ses van die een en ‘n half dosyn van die ander.

Manie ·

Die DA is wolf in skaapsklere. Julle gaan nog betaal vir die party. Ek sien in Kaapstad die munisipale dienste gelde verhoog die heeltyd. Baie meer as jou jaarlikse salaris verhoging

Jaco ·

EK was Desember in Kaapstad en was geskok! Dit lyk soos n eerste wereld stad! Alles werk, alles is skoon, geen slaggate, tot STRAND POLISIE op blouberg! Nie eens te praat van al die nuwe en mooi hoë geboue in die middestad nie,!! EK het amper gedog ek is in Los Angeles!! Ek sal enigetyd vir dié wolf in skaapklere stem as my stad en sy mense so mooi na omgesien word! Mense is net ongeduldig, hoe lank moes die DA nie spook om Kaapstad so te kry nie?! DIe DA het hulself uit en uit bewys in die kaap as n party wat weet wat hul doen! :-)

Water-lelie ·

Queenswood_ word ook geraak en dis nie n voorstad wat histories n swak betaler is nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.