Waterbeperkings vir Ekurhuleni

Argieffoto

Argieffoto

Die Ekurhuleni-metropolitaanse munisipaliteit in Gauteng het waterbeperkings ingestel met aansienlike boetes vir nie-nakoming.

Die metroraad het die beperkings toegeskryf aan die “volgehoue hittegolf in Gauteng en die gebrek aan reën, wat onderbrekings in waterverskaffing veroorsaak het in dele [van] Ekurhuleni”.

Die beperkings behels onder meer dat inwoners nie hul swembaddens mag volmaak of enige tyd hul tuine mag natlei nie. Die aktiwiteite sal as “ongemagtig” beskou word totdat die beperkings opgehef word.

“Indien verbruikers hierdie beperkings oortree deur hul tuine nat te lei of hul voertuie met tuinslange was, sal ‘n boete van tot R6 196 uitgereik word aan huishoudings, terwyl sakeverbruikers met tot R12 626 sowel as verwante administrasiekoste beboet sal word,” het Doctor Xhakaza, burgemeesterskomiteelid vir water en energie, gesê.

Inwoners is ook aangemoedig om die tyd wat hulle in die stort bestee te verminder, lekkende waterpype te herstel en nie toilette nie onnodig te spoel nie. Enige gebarste waterpype kan by 0860 543 000 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Peet Schabort ·

Uiteindelik word daar wakker geskrik oor lekkende pype, krane ens. by verskillende munisipaliteite.
Ons het jare gelede by ‘n oord in die Drakensberge gebly waar daar in die toilet die volgende kennisgewing was: “If it’s pee, let it be; if it’s brown, let it down.”
In die 1960’s was daar ook ‘n waterjaar met die leuse: “Water, werk mooi daarmee want ons leef daarvan.”
Na meer as ‘n halfeeu lyk dit nie of ons veel vordering daarmee gemaak het. Inteendeel het ons agteruit geboer.
Mag hierdie droogte vir ons ‘n lessie wees maar dan is dit ook so dat die mens se geheue ook maar (somtyds) kort is . . .

Dana ·

Ek besit n kar was, met die boetes laat ek maar eerder 7 mense sonder werk sit. Dit is verbasend hoe SA nie eers een jaar sonder reen kan gaan nie. Dit is seker maar Tekens van die tye.

RSA ·

Hoe kom hulle by hierdie bedrae uit vir die boetes?

Daars te veel syfers, zuma gaan sukkel daarmee

Van ·

en ons gaan die boetes betaal wanneer die “fire Pool” moet volgemaak word

Muller ·

Ek wil weet hoe besluit hulle op die water kwotas, hoeveel mag ons gebruik? Ons het nie ‘n idee nie, hulle kan boetes left right en centre gee en hoe sal ons weet ons het die water misbruik????

Eddie ·

Muller ek stem saam jou. Dit gaan seker weer n kwessie wees jy bly in n huis en jy is wit. So ja betaal gaan jy betaal. As jy in n Soweto bly kan jy maar water tap by die liters en niks oorkom nie. Selfde soos die krag wat hulle gaan of wil afskryf in Soweto. Dit gaan my verstand te bowe. Maar nou ja hoop ek antwoord jou vraag.

alida ·

Hopenlik maak hulle eers die lekkende pype reg voor hulle die inwoners beboet. “Practice what you preach” !!!

Muller ·

Nee Alida ons kan net wens, hierdie is van dadelik tot toepassing. So lekkende krane en gebarste pype of te nie, so sal jy beboet word. En ja Eddie ek is geneig om saam met jou te stem. So ‘n belaglike onafgeronde bedrag as jy water misbruik, hoe weet hulle ek “misbruik” die water. Se my presies hoeveel ek mag en nie mag gebruik nie, dan kan ons weer praat. Ons almal gebruik water, party bietjie meer as ander, so hoe word wat gepenaliseer??

Chantell ·

Nee wat ek wil weet is die squatters wat krane laat loop emmers water wat verlore gaan ens ens gaan hulle ook beboet word of gaan ons wat om hulle bly hulle boetes betaal? Soos wat ons normaalweg hulle goed Moet betaal……

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Dis beurt krag waterbeperkings koripsie plaas aanvalle dwelm smouse die paaie het slagate renosterstropers perlemoen stropers transsito rooftogte hijacks minisiepaleteite wat uit mekaar val Die springbokke sikkel om rugby te speel mense wat bokwagters was is in bestuurs poste aangestel ooooooooo die land se uitdagings raak nou teveel om op te los ek het nou moed verloor . boetes is net a geld maak idee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.