
Argieffoto (Foto: RayMark, Pixabay)
Rand Water het vanoggend watertoevoer na Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni begin beperk weens dalende watervlakke in Gautengse reservoirs.
Rand Water sê in ʼn verklaring die vermindering van watertoevoer is die gevolg van ʼn hoër as gewone aanvraag, wat beteken die gemiddelde opgaarkapasiteit het tot minder as 60% gedaal.
Justice Mohale, woordvoerder van Rand Water, het gesê reservoirs soos dié by Brakfontein, Klipfontein en Hartebeeshoek is tans op laer as veilige bedryfsvlakke.
“Rand Water se bedryfsfilosofie is om reservoirvlakke vir eweredige verspreiding tussen 60% en 80% te handhaaf. Om dié rede is die maatreël ingestel,” het hy gesê.
“Dit word gedoen om te help met die herstel van die reservoirvlakke, terwyl hoë waterverbruik in bogenoemde metrogebiede bestuur kan word.”
Rand Water sê hy het reeds al sy kliënte ingelig oor die behoefte aan verminderde waterverbruik en hulle gevra om water spaarsaam te gebruik.
Hy het nie gesê wanneer die situasie weer normaal sal wees nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Oh boy mark my words here is another Excom in the making. Simply put they just cannot keep the reservoirs full water.
Waterbeperking, maar as die pype in die woongebiede bars, loop dit strome en vir dae voordat dit herstel word
Uitstekend stem daarmee saam met die water beperkings. Sien juis vanoggend hoe buurman oorkant die pad sy stukkie grasperk met die hand natspuit. Grasperke behoort verbied te word in my opinie. Ek verstom my altyd hoeveel boorgate daar in woonbuurtes in Ekhuruleni en omgewing is, in private besit. Die regering kan gerus nog ‘n paar boorgate boor om drinkwater aan mense verskaf. Nou gaan die gekerm weer begin oor hoe daar in die ” Townships ” water gemors word. Wel ek is weekliks in die duurste ” Woonbuurtes en Estates ” en kan hulle nou vir jou water mors, die… Lees meer »
Siestog Maroela media, is dit omdat julle personeel in ” Estates ” bly, met golfbane en waterhonger tuine, dat julle my geldige kommentaar verwyder het?
Weereens word die feite verbloem. Infrastruktuur word nie onderhou. Feit is dat meer water verlore gaan as wat gebruik word.