Waterbeperkings vir Pretoria ingestel

Argieffoto: Wikimedia

Argieffoto: Wikimedia

Die Tshwane-metro het Vrydag aangekondig dat streng waterbeperkings ingestel is weens die hittegolf waaronder die stad gebuk gaan.

Selby Moeketsi Bokaba, woordvoerder van die metro, het gesê die stad het die afgelope tyd onderbrekings in watertoevoer ervaar weens die buitengewone warm weerstoestande. “Die hittegolf het tot gevolg dat die vraag na water voortdurend vermeerder, wat beteken dat die reservoirs in die stad tans baie lae watervlakke het,” het Bokaba verduidelik.

“Die hitte het ook die tempo waarteen water in die reservoirs kan opbou vertraag, en veral reservoirs in hoërliggende gebiede is tans onder druk.” Die waterbeperkings in terme van die stad se bywette is egter op die hele stad van toepassing, het Bokaba gesê.

Hy het verder gesê die skedule van die waterbeperkings kan nie voorspel word nie omdat dit afhang van die reservoirs se watervlakke. “Ons pleit met die inwoners van die stad om water spaarsamig te gebruik en nie tuine gedurende die dag nat te lei nie totdat die situasie genormaliseer het.”

Onmiddellike boetes sal uitgereik word indien waterbeperkings oortree word, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

André ·

Dit is in elk geval algemene kennis om nie deur die fag water te gee nie! Vir effektiwiteit, gee water in die aand wanneer dit somer is, en vroeg ogggend deur die winter.

Deon ·

Aandwater veroorsaak swamme op baie plante, nie noodwendig goeie plan nie.

Peet Schabort ·

Hoe het die een ANC-slimme nou weer gesê?
Die damme is té groot gebou en word dus nie maklik vol. Sou die damme kleiner gewees het was hulle altyd vol en dan was daar nie ‘n watertekort.
Ook ironies dat die hoër reservoirs onder druk is alhoewel daar nie genoegsame druk is. Dis nou waterdruk.

Magda ·

“Onderbrekings in watertoevoer agv buitengewone warm weersomstandighede?” Dis nonsens dat die hitte die oorsaak is! Die pypstelsels is nie in stand gehou nie en is in n chaotiese toestand! Dit veroorsaak nou orals probleme. Pype bars en word op een plek reggemaak, nie lank nie bars daar een op n ander plek, en Tshwane vat hul tyd om iemand te stuur om reg te maak, wat gevolg het dat reservoirs leeg loop en buurte sonder water sit! Brummeria is maar een van die gevalle wat alreeds die probleem ondervind het, EN dit was al voor die hitte golf!! Daar was al talle gevalle gewees, ALMAL voor die hittegolf!

Shané ·

Hoe gaan hulle bepaal wie gebruik stadstate en wie gebruik boorgate? Ons het spesifiek die jaar boorgat laat doen en jojo kan opgesit vir stoor. Dus spogfines maak nie sin nie maar toemaar

Johanna ·

Selby Moeketsi Bokaba neem jou voertuig, waarvoor jy nie betaal nie, vul hom met brandstof waarvoor jy ook nie betaal nie en ry net een dag deur die strate van Pretoria en sien vir jouself hoeveel water langs strate afspoel as gevolg van swak instandhouding voordat jy weer die hitte golf as verskoning gebruik vir swak diens.

Francois ·

In my straat waar ek woon lek die hoof waterpyp nou al amper ‘n jaar op DRIE (3) plekke en die stadsraad doen net mooi niks daaromtrent nie. My buurman het warelek aan die munisipalitiet se kant al vir 8 maande…dit lyk al soos ‘n vlei en die paddas het nou ook hulle intrek geneem. Nee wat dis nie die hitte se skuld nie!!

So, hoe gaan hulle jou beboet, omdat jy in die dag water gebruik of in die aand? Die drukking is so sleg in die dag jy kan nie eens water tap vie ‘n ketel nie, nevermind tuin natlei.

Feank ·

Ongelooflik! Boetes nogal…. En dit terwyl die munisipale reservoirs in Moreleta Park (Moreleta Kloof Natuur Reservaat) die afgelope paar dae oorloop met miljoene liters vars drinkwater wat afspoel in die Moreletaspruit!

Nella en Flip ·

in Sefako Makgatho nr 39 het gisteraand deur die nag n waterpyp ini pad gebars.
Hoofwatertoevoerpyp stoot miljoene liters water pad af in n stroom. Na 12h00 vm is die kraan net toegemaak.
Wie gaan betaal vir daardie water?
Ons war langs daardie pyp woon?

sarie van heerden ·

Ons probeer almal water bespaar maar telkens sien ons op televisie hoe daar in die townships water gemors word by krane wat heeltyd ten volle oopgedraai is en dan word ‘n ander wateremmer maar net elke keer ingestoot terwyl die hele plek vol water is. Kan ons nie DAAR begin om ‘n verskil te probeer maak nie?

Johann ·

Basta met die storie van ” die hitte het die tempo waarteen water in die resevoir kan opbou vetraag….”
Dit klink asof die water in die pype verdamp nog voordat dit by die resevoir kan kom. Die afgelope Saterdag was daar ook nie water in Waverley. Ek het die munisipaliteit gebel om die vermindering van druk in die pype te rapporteer. `n Verwysingsnommer is aan my toegeken. Later , heelwat later Saterdagaand het ek weer die Tswane metroraad geskakel waar ek meegedeel is dat…….”die loodgieter se ure is op” . Ha ! Ha! Ha! Wat `n powere verskoning. Is daar net een loodgieter wat die hele Pretoria en al sy voorstede moet diens. SWAK ! VROT! UITERS SLEG! `n Stad soos Tswane Pretoria wat net een loodgieter aan diens het. Daar kan nie meer beskostig word nie omdat die “FATCATS” met al die fondse op ander plekke ploeg .
Dit is sulke dinge wat ons die grap van die eeu in Suid-Afrika maak.
Komaan Tswane Metro, bedank en laat dit oor die wat beter diens kan lewer sonder om altyd politiek en rasisme by te sleep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.