Waterbeperkings vir Wes-Rand

Argieffoto (Foto: EME, Pixabay)

Argieffoto (Foto: EME, Pixabay)

Lae damvlakke en stygende temperature het die Mogale City-munispaliteit aan die Wesrand Donderdag gedwing om waterbeperkings in te stel.

Volgens die munisipaliteit is die beperkings nodig omdat Rand Water, wat die gebied se massawater verskaf, die munisipaliteit versoek het om watergebruik met 15% te verminder.

“Die departement van waterwese en sanitasie het op 12 Augustus 2016 in die Staatskoerant aangekondig dat 15% se waterbeperkings in die geïntegreerde Vaalrivierstelsel-gebied ingestel moet word weens onvoldoende reënval in die opvanggebied,” het die munisipaliteit gesê.

Die munisipaliteit het inwoners en sake-ondernemings verbied om brandslange te gebruik om winkelvloere, opritte en sypaadjies skoon te maak. Inwoners word versoek om voertuie eerder met ʼn emmer te was in plaas van met tuinslange en om nie tuinbesproeiing gedurende die dag te gebruik nie.

Boetes sal gehef word vir verbruikers wat nie by die beperkings hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oupa ·

Ek dag dis in elk geval onwettig om brandslange vir enige ander doel as brandbestryding te gebruik. Of is dit wéér ‘n geval van genoeg oortreders maak die wet ontoepaslik, soos die geval met omtrent elke padverkeersreël?

danie ·

Brandslange sal altyd misbruik word. Dit is net soveel makliker om met die hoër druk van brandslange te werk. Nee dit is nie onwettig nie, maar wel onderworpe aan regulasies opgestel deyr die gebou of instelling eienaar.

Lance ·

Bespaar julle asb water want ons kry nie al die pype wat lek reggemaak nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.