Watergehalte ʼn tydbom – AfriForum

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd oor die swak bestuur van water in Suid-Afrika ná die uitslae van sy nasionale watermoniteringsveldtog van 2014, bekend as die Blou- en Groendruppel-takprojek, bestudeer is. Meer as 100 AfriForum-takke dwarsoor die land het deelgeneem.

Volgens Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, kon die probleme met drinkwater vinnig reggestel word, maar rioolwater hou beduidende gesondheidsrisiko’s vir gemeenskappe dwarsoor Suid-Afrika in. “Nalatigheid by beplanning, bestuur en die instandhouding van infrastruktuur lei tot grootskaalse besoedeling van ons waterbronne. Dit kan beduidende risiko vir mense en die gemeenskap se gesondheid inhou,” het Kleynhans gesê.

Bloudruppel

Die Bloudruppel-uitslae het 11 munisipaliteite uitgewys waar drinkwater nie aan nasionale standaarde voldoen het nie. Dit was die volgende:

  1. Hertzogville – Tokologo Plaaslike Munisipaliteit – Die monsters het 14 mg nitrate per 100 ml water bevat, wat methemoglobinemie in babas kan veroorsaak. Dit volgens die Suid-Afrikaanse Riglyne vir Watergehalte volume 1: Huishoudelike watergebruik, tweede uitgawe, 1996 (SARWG)
  2. Kareedouw – Kou-Kamma Plaaslike Munisipaliteit – 10 tellings E. Coli/ 100 ml water;
  3. Stormsrivier – Kou-Kamma Plaaslike Munisipaliteit – 23 tellings E. Coli/ 100 ml water;
  4. Polokwane – Polokwane Plaaslike Munisipaliteit – 4 tellings E.coli/100 ml water;
  5. Stella – Naledi Plaaslike Munisipaliteit – 140 tellings E.coli/100 ml water;
  6. Standerton­ – Lekwa Plaaslike Munisipaliteit – Kleur voldoen nie aan standaard nie, maar veilig om te drink;
  7. Swartruggens – Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit – 36 tellings E.coli/100 ml water;
  8. Vryburg – Naledi Plaaslike Munisipaliteit – 4 tellings E.coli/100 ml water;
  9. Witbank – eMalahleni Plaaslike Munisipaliteit – 11 mg totale organiese koolstof;
  10. Coligny – Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit – 4 tellings E.coli/100 ml water;
  11. Mafikeng – Mafikeng Plaaslike Munisipaliteit – 2 tellings E.coli/100 ml water; en
  12. Delareyville – Tswaing Plaaslike Munisipaliteit – 12 mg nitrate.

Ingevolge SANS:241 nasionale standaard mag daar geen E.coli in drinkwater wees nie.

Groendruppel

Hierdie uitslae het groot kommer gewek oor verantwoordelike watergebruik en die instandhouding van dienste deur die regering. “Tot dusver het 43 watersuiweringsaanlegte in ons projek aan die minimum standaarde vir rioolwater voldoen. 33 voldoen nie, wat ʼn bedreiging vir menslike gesondheid, voedselsekerheid en die omgewing inhou,” het Kleynhans bygevoeg.

Suid-Afrika se nasionale standaarde vir watergehalte maak voorsiening vir 1000 eenhede van E. coli per 100 ml water in behandelde riool. Munisipaliteite wat nie hieraan voldoen nie, sluit in:

TakMunisipaliteitProvinsieGroen Druppel AfriForum 2013Groen Druppel AfriForum 2014

Apiesriviervallei

Tshwane Metro

Gauteng

> 77 000

85 000

Amanzimtoti

eThekweni LM

Natal

> 2 040

Bothaville

Nala LM

Vrystaat

> 120 000

> 690 000

Brits

Madibeng LM

Noordwes

> 1 000 000

> 610 000

De Mond (Hermanus)

Overstrand LM

Wes-Kaap

3600

Ermelo

Msukaligwa LM

Mpumalanga

Green Drop

310 000

Hartbeespoort

Madibeng LM

Noordwes

> 160 000

> 1 000 000

Heidelberg

Lesedi LM

Gauteng

20 000

Hercules

Tshwane Metro

Gauteng

Green Drop

8 900

Kathu

Gamagara LM

Noord-Kaap

17 000

Klerksdorp

City of Matlosana

Noordwes

> 3 500

690 000

Ladismith – Wes-Kaap

Kannaland LM

Wes-Kaap

4 450

Langberg

Wizenberg LM

Wes-Kaap

240 000

Lichtenburg

Ditsobotla LM

Noordwes

> 120 000

59 000

Langkloof (Joubertina)

Kou-Kamma LM

Oos-Kaap

Green Drop

11 500

Magaliesburg

Mogale City LM

Gauteng

530 000

Naboomspruit

Mookgophong LM

Limpopo

> 1 000 000

> 1 000 000

Nylstroom

Modimolle LM

Limpopo

> 29 000

310 000

Parys

Ngwathe LM

Vrystaat

4 800

Petrus Steyn

Nketoana LM

Vrystaat

14 000

Phalaborwa

Ba-Phalaborwa LM

Limpopo

> 110 000

1 300

Pietersburg

Polokwane LM

Limpopo

> 110 000

Potgietersrus

Mogalakwena LM

Limpopo

> 1 200

92 000

Scottburgh

Umdoni LM

KwaZulu-Natal

3 710

Silverton

Tshwane Metro

Gauteng

2 400

Springbok

Nama Khoi LM

Noord-Kaap

1 250

Springs

Ekurhuleni Metro

Gauteng

2 400

Upington

Khara Hais LM

Noord-Kaap

Green Drop

58 000

Volksrust

Dr Pixley Ka Isaka LM

Mpumalanga

17 000

Vredenburg

Saldanah Bay LM

Vrystaat

44 000

Warmbad

Bela-Bela LM

Limpopo

> 1 000 000

> 1 000 000

Witbank

eMalahleni LM

Mpumalanga

2 800

Mafikeng

Mafikeng LM

Noordwes

7 300

Die uitslag van die 2014-verslag sal gebruik word om dieselfde infrastruktuur en ander in 2015 te meet.

“Die projek het die gehalte van drinkwater en behandelde water dwarsoor die land getoets om nakoming van nasionale standaarde te verseker. Die monsters is deur onafhanklike SANAS-geakkrediteerde laboratoriums getoets en die uitslae is geanaliseer,” sê Kleynhans.

AfriForum sal dwarsoor Suid-Afrika met al die hulpbronne tot sy beskikking optree om te verseker dat probleme onmiddellik opgelos word ten einde te verseker dat hierdie kosbare hulpbron bewaar word. Briewe word tans op munisipaliteite beteken wat nie voldoen aan die standaard nie. SMS die naam van jou dorp na 32277 om AfriForum te ondersteun in hierdie inisiatief om die volhoubare gebruik en beskerming van ons waterbronne te verseker. (R1/SMS)

Klik hier om die volledige verslag te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Skoon drinkbare water is n REG, waarvoor betaal ons belasting….Skokkend !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.