Watergraf op R30-pad eis nóg vier lewens

(Foto: SAPD)

Die berugte stuk pad op die R30 buite Allanridge in die rigting van Bothaville in die Vrystaat, het die lewens van nog vier mense geëis.

Die stuk pad, wat ’n verlegging oor ’n waterpan is, het sedert die begin van die jaar reeds die lewens van minstens 15 mense geëis.

In die jongste voorval is ’n gesin dood nadat hul motor in die waterpan beland het. Lutsha Mbato (33), sy vrou Thabisa Sikhumba-Mbato (34) en hul twee dogtertjies, Bungcwalisa Mbato (4) en Likamva Mbato (2), was van die Oos-Kaap na Orkney onderweg toe die bestuurder glo beheer verloor en hul voertuig in die waterpan beland het.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het die Allanridge-polisie omstreeks 03:00 Maandagoggend ’n oproep van Thabisa se suster ontvang om te sê haar suster het haar vanuit die sinkende voertuig gebel en gevra om hulp te ontbied.

Die voertuig is uit die waterpan gehaal en die gesin se liggame is in die motor gevind. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

(Foto: SAPD)

“Ons doen ’n beroep op motoriste om wanneer hulle die stuk pad bereik, die instruksies op die padtekens na te kom wat aandui dat spoed verminder moet word.”

Die waterpan het begin Februarie na swaar reën oor die pad gestoot. Die padoppervlak is met klippe en grond verhoog. Sedertdien het talle voertuie in die waterpan beland en het baie van die slagoffers verdrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Miskruier ·

Bel en wag dat die water al hoe hoër opstoot in voertuig. Hoe aaklig, kon hul nie maar eerder probeer uitswem het nie.

Bella ·

15 mense al oorlede sedert die begin vd jaar… In 3 maande se tyd. En al wat gesê word, is dat mense die bordjies moet volg. Dis mos onaanvaarbaar. Hoekom loop daar n pad deur n pan? Waar is die veiligheidsheinings. Hoekom is die pad so rof en grof gelos nadat dit hoër gemaak is? Die families moet die provinsiale regering begin verantwoordelik hou.

Piet 6 ·

Dit is tydelike herstelwerk. Daar is genoeg waarskuwingstekens, maar dit word ge-ignoreer en daar word net voort gejaag en dan word almal beskuldig behalwe diegene wat die waarskuwings ignoreer.

Swerwer ·

‘n Veiligheidsheining gaan beslis nie die bestuurders keer nie. ‘n Grond pad is rof en grof. Wees dankbaar daar is grond gegooi, wat nou gebeur het as alles net so gelaat is en die motoriste het in die water gaan inploeg. Ongelukkig kan almal nie tevrede gestel word nie, slegs die ANC kan.

Perdeby ·

Dis nie die waterpan se skuld as die bestuurders nie kan bestuur nie. Hoeveel “bosse” het nie al lewens geeis nie. Wanneer jy beheer oor jou voertuig verloor beland jy gewoontlik in die bosse of langs die pad op die grond, wat is die verskil. Die eerste keer wat ek hoor dat ‘n waterpan die skuld kry.

E ·

Mense moet hulle gesonde verstand gebruik, as jy ‘n slegte pad ry, moet jyself besef jy moet baie stadiger ry – hoekom moet daar orals bordjies wees as jy duidelik kan sien die pad is sleg en daar was waarskuwings tekens, maar mense dink hulle is sterk en slim. Gewoonlik die waaghalsiges wat seerkry of dood.

Marius ·

Padtekens is mos net ornamente. Meeste mense ignoreer dit.

JL ·

Daar kon sekerlik al plan gemaak word om kabels of een of ander versperring te probeer oprig. Hoe lank is die pad of sou dit nie beter gewees het om ‘n alternatiewe ompad te maak nie. Onbekwame persone wat sulke besluite neem ongeag die gevolge.

Louise ·

Ai dis so tragies, jammer om te hoor. Miskruier ek ken nie die omstandigehede nie. Maar as mamma kan ek jou se dat ek ook beslis nie my kinders sal agterlaat nie. Al kan ek uit swem!
Sterkte aan die familie en vriende!

Racheltjie Debeer ·

“n Saak van strafbare manslag word ondersoek”. OK, wie gaan hulle vervolg? Die pan? Of die owerheid?

Swerwer ·

Mooi man! Die pad……………dit is mos die pad se skuld.

Renier ·

Verleggings het gewoonlik spoed grense, wonder of mense daarby hou. RIV

Sandra ·

Bel haar suster terwyl die motor sink? Ek weet nie of hulle nie kon swem nie, maar dit moes vreeslik gewees het om te sit en wag om te verdrink. Dis ‘n jammerte dat hulle nie probeer het om uit te kom nie.

Swerwer ·

Weereens beland voertuie in die water omdat daar nie gehoor gegee word aan padtekens en waarskuwings nie. ‘n Grondpad is nie ‘n mens se speelmaatjie nie, veral as jy nie gewoond is daaraan om op grond paaie te bestuur nie. Maar nou ja, die landburgers moet maar gaan vir bestuursopleiding want dit gaan nie lank wees nie dan lyk al die paaie so.

Dapper Patriot ·

Daar is geen oplossing vir onnoselheid nie.
Maak die pad weer oop, dit was ‘n goeie manier om al die onbevoegde bestuurders van die pad af te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.