Waterkloof-2: Lot van tronkbewaarders onduidelik

Skermskoot uit die YouTube-video

Skermskoot uit die YouTube-video

Die departement van korrektiewe dienste kon Sondag nie enige inligting verskaf oor die vordering van tugstappe teen vier tronkbewaarders wat glo twee van die sogenaamde Waterkloof-4 toegelaat het om tronkreëls te verbreek nie.

Zacharia Modise, kommissaris vir korrektiewe dienste in Gauteng het gesê hy is slegs bewus van die oorspronklike besluit. “Die ondersoek is afgehandel en die besluit is geneem om stappe te doen teen die beamptes,” het Modise gesê.

Hy het gesê hy sal Maandag nuwe inligting kan verskaf oor dit wat gebeur het.

Rapport het Sondag berig dat die tugverhoor van die vier bewaarders by Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria nooit plaasgevind het nie en dat hulle steeds aan diens is.

Veroordeelde moordenaars Christoff Becker en Frikkie du Preez is op 16 Februarie weer in hegtenis geneem nadat ʼn selfoonvideo van die twee aan die lig gekom het waar hulle vermoedelik alkohol in ʼn tronksel drink en ʼn selfoon gebruik.

Manelisi Wolela, woordvoerder vir die departement, het in Maart gesê die vier bewaarders sal binne ʼn maand tugverhore bywoon om hul rol in die voorval te bepaal.

Becker en Du Preez, saam met Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, is in Februarie vrygelaat nadat hulle ʼn hawelose man in 2001 in Pretoria doodgeslaan het. Becker is sewe weke nadat hy weer in hegtenis geneem is, na die maksimumsekuriteit-gevangenis in Kokstad, KwaZulu-Natal oorgeplaas nadat hy weer met ʼn selfoon in sy sel betrap is. -SAPA

Lees ook:
Christoff Becker oorgeplaas weens “wangedrag”
Becker glo weer met selfoon betrap
Waterkloof-twee bak brood in die tronk
Waterkloof-twee glo afsonderlik aangehou
NVG sê oor Waterkloof-twee
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Waterkloof-twee: Korrupte tronkbewaarders dalk binnekort aangekeer
Waterkloof-2 voor paroolraad
Waterkloof-2 moet nog sit
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
Waterkloof-4 vrygelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.