Waterkloof-4 se Christoff Becker se ma sterf

Christoff Becker en sy ma, Mariëtte

Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, se ma is Dinsdag oorlede.

Johnny Rockett, ’n familievriend, het Donderdag Mariëtte Becker se dood aan Maroela Media bevestig.

“Dit is ’n moeilike tyd vir die Beckers, vriende en almal wat haar geken het. Hulle kry swaar,” sê Rockett.

“Sy was ’n fantastiese vrou. Die wêreld het iemand baie spesiaal verloor.”

Die oorsaak van Mariëtte se dood is nog nie bekend nie.

Becker het op sosiale media ’n video ter herdenking aan sy ma gedeel.

“My hart is saam met Moeks in die hemel. Jy was my grootste geskenk,” skryf Becker op Instagram.

Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is daaraan skuldig bevind dat hulle in 2001 ʼn hawelose man in Pretoria doodgeslaan het. Hulle is in 2014 op parool vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.