Waterkloof-4 se Frikkie moet wag om te hoor van parool

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof vier, sal ‘n rukkie langer moet wag om te hoor of sy aansoek om weer op parool vrygelaat te word suksesvol was.

Regter Tshifiwa Maumela het Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria uitspraak voorbehou in Du Preez se aansoek om die nuut saamgestelde paroolraad se bevinding tersyde te stel.

Die nuut aangestelde paroolraad het vroeër die maand bevind dat die vorige raad se besluit om sy parool terug te trek, geregverdig was. Daar is gelas dat hy eers weer in Januarie 2015 vir parool oorweeg kan word.

Die hooggeregshof het verlede maand gelas dat ‘n nuut aangestelde paroolraad Du Preez se paroolaansoek moet heroorweeg.

Jaco Roux, Du Preez se regsverteenwoordiger, het Dinsdag aangevoer dat Du Preez nie sy paroolvoorwaardes verbreek het nie en dat die raad dus nie die jurisdiksie het om hom parool te weier nie.

Hy sê Du Preez is nooit aangekla of skuldig bevind aan ‘n beweerde oortreding terwyl hy in aanhouding was nie.

Die departement van korrektiewe dienste het aangevoer dat Du Preez nooit op parool vrygelaat sou word as hulle bewus was van die video nie.

Du Preez en Christoff Becker is op 16 Februarie weer in hegtenis geneem kort nadat hulle op parool vrygelaat is. Hulle parool is teruggetrek nadat ‘n video, wat glo wys hoe hulle partytjie hou in ‘n tronksel, aan die lig gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.