Waterkloof-bevelvoerder Saterdag begrawe

Brig.genl. Motlhokomedi Kenneth Petso.

Brig.genl. Motlhokomedi Kenneth Petso, bevelvoerder van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria, sal Saterdag tydens ʼn militêre begrafnis in Mahikeng in Noordwes te ruste gelê word.

Die 53-jarige Petso se liggaam is Dinsdag op die M17 naby Soshanguve gevind, nadat hy vroeër verdwyn het.

Die minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het aangekondig dat ʼn ondersoek na Petso se dood sal gedoen word.

Kol. Eugene Motati, woordvoerder van die lugmag, het aan SABC-nuus gesê die polisie, lede van die militêre polisie en die intelligensie-eenheid werk saam om die omstandighede wat tot Petso se dood gelei het, uit te pluis.

“Genl. Petso was ʼn vlieënier en is aangestel as bevelvoerder by Waterkloof. Hy was ʼn aangename man en ʼn afgeronde offisier, ʼn ware heer. Ons gaan hom nog lank mis,” het Motati gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ramkat ·

Daar is mense in die mooi land van ons wat absoluut geen respek het vir die medemens nie. Rus in vrede.

pieter ·

Genl u was vir my en ons Basis ‘n goeie Belvoerder gewees, u wat ‘n gemoedelik persoonlikheid gehad en ons altyd met ‘n glimlag tegemoet gekom het, gaan gemis word. Dit is baie hartseer dat ‘n sagte goeie mens so tot ‘n lewens einde moes gekom het. Saluur u Genl, rus in vrede..sepela gabotse.

lh ·

So jammer vir julle verlies Pieter! hy word oral geloof vir sy integriteit en met jou skrywe by, kan ek ook net sê: SALUUT! mag u in vrede rus Generaal . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.