
Brig.genl. Motlhokomedi Kenneth Petso, bevelvoerende generaal van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria (Foto: Kenneth Petso/Facebook)
Die militêre polisie en die SAPD ondersoek die afsterwe van brig.genl. Motlhokomedi Kenneth Petso, bevelvoerende generaal van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria.
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, het in ʼn verklaring gesê sy is geskok om te hoor van die ontydige afsterwe van Petso. “Die omstandighede rondom sy dood is nog nie bekend nie. Die militêre polisie, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, stel ondersoek in.”
Sy het haar meegevoel betuig met Petso se gesin en familielede en lede van Waterkloof-lugmagbasis, kollegas en die lugmaggemeenskap.
Dit is in hierdie stadium slegs bekend dat hy Dinsdag gesterf het en dat sy liggaam in die Ga-Rankuwa-lykshuis gehou word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Was sy naam dalk op die lys van getuies voor die Zondo-kommissie?
Getuies uitgewis?
Waterkloof Gupta landing?
…. he…. he … he …?
Jammer om te hoor! Snaaks dat daar nie meer inligting bekend gemaak word nie…
Ek ruik ‘n rot.
Baie lank geken. Was n baie goeie mens gewees