Waterkloof-twee glo afsonderlik aangehou

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Christoff Becker en Frikkie du Preez, twee van die sogenaamde Waterkloof-vier, word glo afsonderlik aangehou, het Beeld Saterdag berig.

Oelef de Meyer, Du Preez en Becker se prokureur, het gesê hy het Maandag die paroolraad gevra waarvan die twee presies aangekla word. Die raad het kennis geneem van sy navraag, maar nog nie daarop reageer nie.

Manelisi Wolela, ‘n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan die koerant gesê die aanklagte teen Becker en Du Preez kan nie met die media bespreek word nie, en die plek waar hulle tans aangehou word mag ook nie bekend gemaak word nie.

ʼn Vriend van Du Preez, wat anoniem wil bly, het gesê Du Preez word tans in ‘n enkelesel aangehou en word een keer ʼn dag vir ‘n uur toegelaat om vars lug te kry.

Becker en Du Preez is op 16 Februarie, ses dae nadat hulle op parool vrygelaat is, weer in hegtenis geneem toe ʼn video van ʼn beweerde partytjie in hulle sel aan die lig gekom het. Die video, waar die twee afgeneem is terwyl hulle alkohol en ‘n selfoon gebruik in ʼn tronksel by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria, is op YouTube gelaai. Dit is onwettig om ʼn selfoon of alkohol in die gevangenis te hê.

Die departement van korrektiewe dienste het na ʼn ondersoek oor die aangeleentheid gesê hulle sal vir nog ʼn jaar aangehou word voor hulle weer in aanmerking vir parool  sal kan kom. – SAPA

Lees ook:
NVG sê oor Waterkloof-twee
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Waterkloof-twee: Korrupte tronkbewaarders dalk binnekort aangekeer
Waterkloof-2 voor paroolraad
Waterkloof-2 moet nog sit
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
Waterkloof-4 vrygelaat

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dalene ·

Becker en Du Toit is weer in hegtenis geneem kort nadat hy op parool vrygelaat omdat hy na bewering met ‘n party in die tronk ??????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.