Waterkloof-vrou sit rowers ore aan in haar Porsche

Foto ter illustrasie.

ʼn 54-jarige vrou van Waterkloof in die ooste van Pretoria het Dinsdag twee mans wat haar wou beroof met haar Porsche gefnuik.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisiestasie, het aan Maroela Media gesê die vrou het omstreeks 12:30 in die luukse voertuig by haar huis opgedaag.

“Sy het in die oprit na haar huis stilgehou toe twee mans in ʼn silwer Honda CR-V agter haar stilgehou het. Die twee mans was met ʼn hamer en ʼn vuurwapen gewapen. Hulle het uit die Honda geklim en die vrou se motor genader,” het Weilbach gesê.

Een van die verdagtes het die vuurwapen op haar gerig en haar beveel om die motor se deur oop te maak. Die tweede verdagte het die motor se ruit met die hamer stukkend geslaan.

“Die vrou het blitsig opgetree, haar motor in trurat gesit en begin versnel. Sy het die verdagtes se voertuig gestamp en aanhou met haar motor druk totdat die Honda in straat opgeëindig het en sy genoeg spasie gehad het om van die rowers weg te kom.”

Die vrou het dadelik na die Brooklyn-polisiestasie gery om hulp te ontbied. Polisiebeamptes het haar na haar huis vergesel, maar die rowers het toe reeds gevlug.

Volgens Weilbach word dieselfde verdagtes glo verbind met soortgelyk rooftogte by huise die afgelope tyd in die Waterkloof-omgewing.

“Dit wil voorkom of die rowers hul slagoffers van winkelsentrums tot by hul huise agtervolg. Hulle gebruik dan ʼn vuurwapen en ʼn hamer om juweliersware, duur horlosies en ander besittings te roof,” het sy gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot roof met ʼn vuurwapen. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen, veral motorwerktuigkundiges en inwoners van Waterkloof, om op die uitkyk te wees vir ʼn silwer Honda CR-V wat aan die voorkant van die motor gestamp is. Mense wat die motor opmerk word versoek om die Brooklyn-polisie by 012 366 1741/2 te bel of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Mooi so ·

Mooi so, al is dit gevaarlik, maar ek sal ook maar die kans vat, as jy dit nie doen, gaan jy in elk geval of verkrag of vermoor word, so gee dit jou beste ne laaste shot, welgedaan dame!!!

Nog ietsie ·

Toe ek nou so deur die nuus blaai…. en ek jou opskrif lees, my Omie sou nou vir jou gesê het en “Nie net ‘n mooi gesiggie nie, hope verstand ook” weereens welgedaan, jy het jou lewe gered vandag. Goeie motivering vir ander vroue om ook te waag, moenie toelaat dat iemand jou sommer net oorrompel nie. Kyk die jong swanger vroutjie van Krugersdorp, vat hul vas.

Jan Jooste ·

So ‘n ystervrou se Porsche kort bulstawe!!! Uitstekende werk. Egter altyd goed vir die DNA-toetse as mens ook ‘n bloedmonster sou kon neem.

CR ·

Dis nou n vrou van staal!!!!! Welgedaan. Ons moenie meer net terugsit en gee nie,dit het tyd geword om nie meer lam gele te word nie,maar om te waag. Wys wie is baas en veg vir jou lewe. Trots op jou.

cor ·

Die selfde met my dogter gebeur sy het toe egter die mini cooper in drive gedruk en voorentoe gejaag deur die hout garage deur die paniek knoppie op die afstand beheer gedruk en die hek laat toe gaan en die twee het in die swart Golf gespring en weggejaag. Haar sekuriteits diens was binne 3 minute daar maar polisie eers ‘n uur later.

Arno ·

Dis goed dat sy kon loskom en haarself daar uitkry baie bly vir die goeie en vinnige optrede en dat sy niks oorgekom het nie

Alida ·

Mooi so! Jammer vir die skade aan jou motor maar dit is wat ons moet doen. Wys hulle ons is nie bang nie.

Cherokee ·

Natuurlik maak dit saak Alida. Kleur maak altyd saak ondermeer vir statistieke. Jy moet nie altyd jou DA-lidmaatskap so laat deurskemer nie. Dit is mos nie iets om op trots te wees nie.

Kamera ·

Gewoonlik het hierdie mense kameras by die ingang? Dit sou nou mooi gelyk het ook op Youtube!
Wel gedaan dame, dis nou flinkdink! Ek reken sy het al voorheen gedink daaroor wat sy sou doen in so ‘n geval.

Paul ·

Net nog ‘n rede hoekom ‘n vinnige kar met baie krag ‘n veiliger kar is.

JC Coetzee ·

Goed gedoen, net jammer die twee kon nie onder voetuig beland nie,

riana ·

Stem saam JC Coetzee dit sal darem baie lekker gewees het mens kan nie help as om dit te se nie. Maar welldone en sy nie om gegee oor haar voertuig nie en vinnig gedink het.

Good to you trots op jou.

Deon ·

Ek wonder of die dapper dame whisky drink?
Jy verdien ‘n Bells!! Sommer ‘n dubbele dop!!
Well done!! Goeie werk!!

Charles ·

in die geval is die hammer ook n gevaarlik wapen… waar is die saak?….waar is die saak van beskadiging van pvt eiendom?? saps is lyk my onbewus of lui….

Hawkeye ·

Dit is flinkdink en die regte ding om te doen. Baie geluk, sekerlik weet iemand waar die motor se eienaars woon. Is daar n paneelklopper wat die Porche gratis gaan herstel…….

Adri ·

Jammer sy het nie haar vuurwapen by haar gehad nie. As sy nie die “rowers” wou skiet nie, kon sy die Honda se verkoeler flenters skiet en dan kon hulle nie ver kom nie. Die boodskap: dra jou vuurwapen aan jou sy!!!!!!

Lauren de Beer ·

Dieselfde het met ons in Alberton gebeur (November 2016). Ek was by Woolworths en ‘n vreemde man het met my gesels. Ek het toe huis toe gery. Die volgende oomblik het daar ‘n Mini Cooper agter my in gery, net ver genoeg om die sensors van die hek te blok. Twee mans het my kar genader en my deur oopgeruk. Hy se vir my, “Give me your rings, your rings” Ek het my ringe afgehaal en vir hom gegee. Die ander een het aan my hoorlosie begin ruk. Ek gee vir hulle die oorlosie. Die volgende oomblik hoor ek ‘n skoot wat afgaan. Hulle het my man geskiet NADAT hulle sy oorlosie en selfoon gevat het. Toe ek die polisie vertel van die man in Woolworths en dat ek seker gevolg is, se die polisie vir my “You will never prove that you were followed”. Tot vandag het ons niks gehoor nie. My man is ok maar ek is die heeltyd bang om in die winkels te loop.

Kamera ·

Wat ‘n ondervinding Lauren. Mens sal moet begin dink om ook ‘n tru-kamera aan te bring in ‘n voertuig.

SARIE VAN HEERDEN ·

As. as, as. As ek dit gedoen het as ek dat gedoen het. Ons is helder oordag in ‘n stil straatjie in Waterkloofrif gekaap maar alles gebeur baie vinnig, en in ons geval het die kapers ons mpotor met hulle s’n vasgedruk teen ‘n heining, parallel met ons parkeer en NIKS sou ons kon red van wat toe met ons gebeur het nie.

Siekensat ·

Nee regtig… Het gedog daar gaan net lofpryse wees vir die dame…maar toe kom kruip die ras-ding weer uit sy gat uit…
Kan NIEMAND vir EEN dag konsentreer op die onderwerp en nie smerige politiek by alles inwurm nie!!!!!

pieter ·

Deur dit so te stel beweer jy sekerlik dat politiek rasse gerig is? Groot verskil tussen ‘n politikus en ‘n rassis.

Frannie ·

Wat sy gedoen het was lewensgevaarlik siende dat daar ‘n vuurwapen betrokke was. Ek is eerder bang jan as DOOIE jan.
Mense moet leer om nie by hul inritte in te draai nie. Jy staan in die straat wanneer jy jou hek oopmaak. Sodoende kan jy sien as iemand jou agtervolg en jy sal kan verby jaag.
Hierdie vrou kon doood gewees het. Geen porche is vinniger as ‘n vuurwapen se koeël nie.

Lizzy ·

Dis juis as gevolg van BANG janne, dat daar so baie mense elke dag vermoor word. Staan op, baklei terug. Knap gedaan aan hierdie dame.

Annette Kruger ·

Wat ek ook gewonder het – hy kon haar mos maklik geskiet het deur haar windskerm terwyl sy wegjaag? Maar ja, dis ‘n besluit wat jy binne ‘n breukdeel van ‘n sekonde neem en ‘n kans wat jy vat….??????

Sarie ·

Wonderlik en knap gedaan vir die vrou – Ek is eerder dooie Jan as bang Jan. Ek sal nie wil lewe met dit wat hulle ook al aan my kan of gaan doen nie. Dit is ‘n lewenslange vonnis wat hulle aanrig aan my en/of my gesin. Hulle kom skotvry daarvan en ek sit met die skade – nee dankie. Ek sal ook die kans vat en my lewe waag.

Anoniem ·

Hoop nie die versekering is vol nonsens met die herstel van die motor nie. Hulle soek mos ALTYD ‘n verskoning hoekom hulle nie moet betaal nie. Selfs diegene wat deesdae so knaend hul goeie diens adverteer, en dat jy ‘n bedraggie sal ontvang as hulle nie jou premie kan klop nie. Maar nouja, miskien is ek bitterbek omdat ek met vorige eise nie die beloofde goeie diens beleef het nie…

Meraai ·

Ek sal dit ook doen, Selfs in die verkeer sal ek eerder in die kar voor my in ry of agter toe. Ek het versekering. Hulle gaan verseker nie meer in ‘n gestampde kar belangstel nie. Al verskil is sy kon dit doen omdat sy ‘n kar met ‘n sterk engine ry. Myne gaan dit verseker nie reg kry nie. By die res van ons gaan hulle dalk te voet vlug en hulle kar los.

C. Dralle ·

Hoekom van poging tot roof aankla? Die boewe was immers gewapen! Poging tot moord klink vir my meer gepas.

Theresa ·

Jammer die dapper vrou het nie ‘n Hummer gery nie! Sommer so in die heen-en-weer bo-oor die misdadigers ook woerts. Hoop hul word gou vasgetrek – beslis onwelkome besoekers.

gerda cockrell ·

Mooi so pleks sy oor hulle gejaag het voor sy weggery het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.