Waterkrisis dreig in Grahamstad

Makhanda. (Argieffoto: ANA)

Droogtetoestande in Makhanda (voorheen Grahamstad) in die Oos-Kaap het veroorsaak dat twee damme wat die dorp van water moet voorsien, onbruikbaar geword het.

Die Howiesonspoortdam en die Settlersdam wat water aan die westelike gedeelte van die dorp voorsien, se watervlakke het so laag gedaal, dat geen water meer uit dié damme onttrek kan word nie. Howiesonspoort se damvlak staan tans op 11,2% en Settlersdam op 6,3%.

Yoliswa Ramokolo, woordvoerder van die Makana-munisipaliteit, sê drie boorgate is verbind aan die Waainek-watersuiweringsaanleg wat ʼn maksimum van 0,5 megaliter water per dag kan lewer. Die res van die water vir die westelike gebiede word deur die James Kleynhans-watersuiweringsaanleg voorsien.

“Dit beteken die James Kleynhans-watersuiweringsaanleg voorsien nou water aan Makhanda-Oos én Makhanda-Wes. Om te verseker dat alle inwoners in hierdie omstandighede water het, moet die stelsel op so ʼn manier bestuur word dat lae waterdruk en onderbreking in watertoevoer met tye op sommige plekke ervaar sal word.”

Ramokolo het gesê dit sal die stand van sake wees totdat die munisipaliteit weer water uit Howiesonspoort en Settlers kan pomp.

“Ons kan eers weer uit hierdie damme begin pomp wanneer dit gereën het en die watervlakke genoeg herstel het.”

Inwoners is aangemoedig om watergebruik tot 25 ℓ water per persoon per dag te beperk en ʼn maksimum van 100 liter per dag per huishouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

aj ·

Daar is nie te min water in Grahamstad nie …. net te veel mense vir die waterbronne.

Die laaste 300 jaar se jaarlikse reenval is bekend. Dit sal dieselfde bly vir die volgende 1000 jaar?

Beperk net die mense getalle om te korrespondeer met die water bron?

Die laaste druppel ·

Dkt kom nou nadat die munisipaliteit laasjaar die UGO wat die dorp sou help om die waterprobleem op te los, laat gaan het en gese het die dorp kort nie hulp nie.

Johan Swart ·

.
.
Ons damme loop leeg die see in….en niemand gee om nie.

Dis reenwater wat behandel kan word,soos Randwater,maar dit loop by ons sluise uit die riviere af see toe….kry vir julle.
.
.

John ·

Waar is Ace en sy Kubaanse kundiges wat Bloemfontein se waterkrisis, wat glo al jare duur, opgelos het? Vra vir Ace om hulle op te kommandeer. Sorg net dat dat die beste-in-die-weste se gastehuise vir maande beskikbaar bly… en dat jul munisipaliteit ook baie geld het vir die pain and joy…. en daardie geleerdes sal groot planne voorlè. Natuurlik moet hulle gereeld huistoe vir nog sigare en raat. Die Vrystaat het glo juis ‘n beeld van oorle Castro opgerig uit dankbaarheid vir die 1e-wèreld-hulp aan die provinsie waarvan hulle nog nooit vantevore gehoor het nie… praat nou van weldade…

HPV ·

John, opgelos? Ons was hierdie week weer sonder water! Pellissier, Fichardtpark, Universitas is gereeld sonder water en vir wie moet ons bedank? Die ANC en DA wat vir jare al die stad bestuur, en die laaste maar nie die minste, die oorlede NP.

Dries Moolman ·

Maar dit was mos nou net lekker groot kunstefees gewees. Het al die duisende besoekers darem ook die water spaarsamig gebruik? Die voorsitter van die kunstefees het immers gese alles is ‘okay’, niks om oor te worry nie, hier is water, kom hou fees. En nou ‘n week later is die water op.

Tokkie ·

Verander die dorp se naam terug na Grahamstad, dan sal dit dalk weer reën!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.