Waterkrisis: Goeie nuus vir Stellenbosch-inwoners

Argieffoto (Foto: RayMark, Pixabay)

Die Stellenbosch-munisipaliteit in die Wes-Kaap het Dinsdag aangekondig dat hy vanaf 1 Oktober sy waterbeperkings gedeeltelik sal verslap.

Dié aankondiging kom ná onlangse reën wat kon help om damvlakke te herstel. Die Wes-Kaapse watervoorsieningsvlakke is op 68% kapasiteit.

Die munisipaliteit het in ʼn verklaring laat hoor dat die beperkings van vlak 6B na vlak 5 gelig sal word. Hulle het ook die inwoners bedank vir hul volgehoue samewerking in terme van waterbesparing.

Vlak 5-waterbeperkings maak voorsiening vir 70 ℓ water per persoon per dag waar die huidige vlak 6B net vir 50 ℓ per persoon per dag voorsiening maak.

Die munisipaliteit het bygevoeg wat hy watertariewe op Vlak 4 vasgestel het om inwoners teen die hoër tariewe wat Vlak 5- en 6-beperkings vergesel te beskerm. Die tariewe sal dus onveranderd bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pottie ·

Wonder of daar ooit weer n verslapping in die koste van water sal kom, want die waterprys is darm ROF op die oomblik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.