Waterkrisis in Potchefstroom weens ANC-laksheid

JB Marks-munisipaliteit se tegniese span spook om ʼn lekkasie naby ʼn nywerheidsgebied te herstel (Foto: Skermgreep uit video via JB Marks-munisipaliteit/Facebook)

Groot gedeeltes van Potchefstroom was die afgelope naweek sonder water weens reuselekkasies in toevoerpype.

Duisende liter drinkwater het uitgestroom by nege groot lekkasies tussen die Potchefstroomdam-watersuiweringswerke en die Ventersdorppad-opgaartenk. Elf woongebiede, bykans die helfte van die dorp, is geraak.

Maroela Media het vroeër berig die Noordwes-Universiteit (NWU) het kontakklasse op sy Potchefstroomkampus vir minstens die volgende week opgeskort weens die waterprobleme wat in die dorp en omliggende gebiede ervaar word.

Die JB Marks-munisipaliteit het intussen die krisis toegeskryf aan lekkasies op sy netwerktoevoerpype wat “oud en broos” is en in afgeleë gebiede geleë is wat toeganklikheidsuitdagings skep.

Daar is reeds verskeie lekkasies geïdentifiseer. “Die pypleiding verloor duidelik ’n aansienlike hoeveelheid water en die lekkasies beïnvloed ons vermoë om die Ventersdorppad-reservoirs te vul wat alle streke wes van die Mooirivier in die Potchefstroomstreek voorsien,” het ʼn woordvoerder van die munisipaliteit gesê.

Ian de Villiers, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit, sê dit is ʼn skande dat die ANC-beheerde munisipaliteit telkens krisisbestuur moet toepas om pypleidings te herstel weens swak of geen beplanning en instandhouding van die waterinfrastruktuur nie.

Die VF Plus het al by herhaling uitgewys dat die instandhouding en opgradering van die dorpe (Potchefstroom en Ventersdorp) se waterinfrastruktuur geprioritiseer moet word.

“Die herstelwerk aan uitgediende infrastruktuur is ook nie kostedoeltreffend of volhoubaar nie. Boonop lei die talle onderbrekings in watertoevoer gereeld tot soms gewelddadige diensleweringsbetogings waar belangrike hoofroetes soos die N12 met brandende bande versper word,” voeg De Villiers by.

Die VF Plus in JB Marks sal voortgaan om druk toe te pas dat professionele instandhoudings- en ontwikkelingsplanne opgestel en geïmplementeer word.

“Dit is belangrik dat kiesers op 29 Mei met hul stemme saamstaan om te verseker dat die ANC uit regering verwyder word en vervang word met ʼn koalisieregering waarvan die VF Plus deel vorm. Saam kan ons herstel en bou.”

The Technical Services team is busy repairing another leak near an industrial area that is keeping parts of the city without water.

Posted by JB Marks Local Municipality Official-Page on Sunday, April 7, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco ·

Dié swak munisipale dienslewering behoort eintlik net voor te kom daar waar “die rassistiese DA” in beheer is. So hoe dan nou dat dit amper oral gebeur waar die hoogheilige ANC met hulle wonderlike “human rights” in beheer is???

Kokerboom ·

Raak ASB NOU ontslae van die ANC gespuis! Vir 3 dekades is hul toegelaat om SA te verwoes!!!

ES ·

Skreiende skande. Die munisipaliteite is bankrot agv wanbestuur deur ANC-kaders…

Cassie Carstens ·

ANC gee nie meer om nie, want hulle veg verkiesing en is vir oulaas besig om hulle sakke vol te prop. Hoekom bly die mense wat die stelsels so laat verval, nie ook op daardie spesifieke dorpe nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.