Waterkrisis in talle Vrystaatse dorpe

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die DA het Dinsdag gesê daar is meer as 20 dorpe in die Vrystaat wat óf geen water het nie óf onder erge wateronderbrekings gebuk gaan.

Patricia Kopane, die DA se leier in die Vrystaat, het gesê ʼn opname wat deur die DA gedoen is het getoon dat water wat uit dié provinsie se krane vloei “ongelooflik onhigiënies” is.

Die geaffekteerde dorpe sluit in Jacobsdal, Fauresmith, Trompsburg, Frankfort, Villiers, Tweeling, Cornelia, Smithfield, Zastron, Wepener, Dewetsdorp, Dealesville, Brandfort, Theunissen, Winburg, Soutpan, Tweespruit, Marquard, Clocolan, Steynsrus, Fouriesburg, Qwaqwa, Ladybrand, Excelsior, Lindley, Parys, en Koppies.

Kopane het gesê die waterprobleme is hoofsaaklik as gevolg van gebrekkige en nie-werkende waterbehandelingsaanlegte en vervalle pype.

“Dit is hartseer om vroue en kinders te sien wat geforseer word om lang afstande af te lê om water met kruiwaens te gaan haal. Dit is onaanvaarbaar in ʼn 23-jaar lange demokratiese land waarin water volgens die grondwet as basiese reg verklaar is,” het Kopane gesê.

Sy het bygevoeg die DA het verlede maand met die Suid-Afrikaane Menseregtekommissie (MRK) vergader ná talle klagtes rakende water en sanitasie in dié provinsie.

Volgens Kopane het die DA reeds in 2013 vir Olly Mlamleli, die voormalige LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, gemaan om met ʼn aksieplan vorendag te kom oor hoe die situasie opgelos kan word.

“Tot op hede is nog niks aan die kwessie gedoen nie. Selfs die huidige LUR het nog nie met ʼn plan vorendag gekom om die probleem op te los nie,” het Kopane gesê.

Volgens haar het die regering ook nog nie iets aan die probleem gedoen of hulle verbind tot ʼn oplossing nie.

“As die ANC oor mense van hierdie provinsie omgegee het sou hierdie krisis onmiddellik opgelos geword het nadat dit aan die lig gekom het, en daar sou voorkomingsmaatreëls in plek gesit word om te verseker dit gebeur nie weer nie,” het Kopane gesê.

Sy het gesê die DA sal nie toekyk hoe duisende arm mense van die basiese dienste waarop hulle geregtig is ontneem word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eish ·

Die hartseer kant van politiek. Mag wat mense verwyder van hul kieserskorps en die omstandighede wat hul veronderstel is om te verander.
Die tragiek van die laaste kwarteeu is loshande die absolute verwildering van infrastruktuur en instandhouding.
Die verkeerde jokkies ry die helhool se perd.

Gogga ·

Stem 100% saam met jou Eish. moet kom kyk wat gaan op Excelsior aan !! Swak!!

Gogga ·

Stem 100% saam met jou Eish. moet kom kyk wat gaan op Excelsior aan !! Swak!!

Gogga ·

Stem 100% saam met jou Eish. moet kom kyk wat gaan op Excelsior aan !! Swak!!

Het mos gese^ ·

Waar is daardie “rassistiese” koerantberigte van 20 jaar gelede wat die regering gewaarsku het oor toekomstige watergebreke indien munisipaliteite hul ingenieurs ontslaan?

Johannes ·

Ek is doodseker dit is die bose apartheidsregering se skuld. Net soos met die spoorwegstelsel was daar vir jare ernstige “disinvestering” in dorpe en stede se drinkwater infrastruktuur… en kyk net hoe vrot lyk ons paaie. Vir seker ook die bose apartheidsregering se skuld…

Jacobus ·

Nee, dit is kolonialisme se skuld, kolonialiste het die riool stelsel gebou, paaie, water aanlegte.

As die kolonialiste dit nie gedoen het nie was daar nie nou probleme gewees nie.

Dries ·

Moet nie die arme mense blameer nie hulle het nie die kennis om die probleem op te los nie. En hulle kan dit ook nie help nie. Sorg net dat hulle salarisse inbetaal word.

Hanna ·

Nee, wat hartseer is, is die arme vuisvoos belastingbetalers wat maand na maand getrou hul munisipale rekening betaal en nou sonder water sit. Die “vrouens met die kruiwaens” het nog nooit vir enige dienste betaal nie. Jammer, maar dis my siening.

Peet Schabort ·

Dit is reeds verskeie jare dat ek en andere wat ook die media insluit probeer om ons plaaslike swart woonbuurt te help met rioolprobleme. Dit was 4 Des 2017 dat ek my vasgeloop het terwyl ek navraag gedoen het oor die riool wat weer vrylik by ‘n mangat uitgeborrel het. ‘n Swart man het opgedaag en uiters aggressief aan my gesê “you must go”. Om ‘n lang storie kort te maak is dit presies wat ek gedoen het nadat my bril op die grond beland het en my iPhone ook uit my hand geklap is. Ek het my- en andere se tyd gemors deur om te gee. Ek kon eerder meer tyd aan my vrou spandeer het met haar terminale kanker as om vir ‘daardie gemeenskap’ om te gee. Ek het nou oogklappe aangesit en sal in die toekoms my by my eie mense bepaal want my lewe is meer werd as dit. So sterkte aan die DA maar sluit my uit.

Jacobus ·

ANC sterkman, wou jou net afskrik, bang u werf dalk stemme teen die ANC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.