Waterkrisis is SA se nuwe ‘Eskom’

Argieffoto

Argieffoto

Die waterkrisis wat deur Suid-Afrika in die gesig gestaar word, is die land se nuwe Eskom, het ʼn marknavorsingsanalis van Nomura, Peter Attard Montalto, gesê.

Hy het gesê die watersituasie in Suid-Afrika is ʼn krisis wat al lankal wag om te gebeur – maar dit was altyd in die toekoms en dit was moeilik om te voorspel wat die sneller sou wees.

“El Niño wat Suid-Afrika in Maart getref het en dalk nog ses maande gaan voortduur, was die sneller wat die strukturele swakhede van waterveiligheid ontbloot het,” het Attard Montalto in ʼn navorsingsdokument gesê. “In hierdie opsig is dit soos Eskom 2008 – ʼn krisis wat wag om te gebeur en ʼn lukrake gebeurtenis (soos nat steenkool) wat die stelsel oor die afgrond stoot.”

Hy sê die parallele is duidelik, alhoewel die waterkrisis meer ingewikkeld is.

“Net soos met Eskom, is die waterkrisis nie noodwendig ʼn stelsel wat elke oomblik in ʼn krisis is of onvoldoende is nie, maar ʼn stelsel wat strukturele foute het wat deur weersomstandighede en “ongelukkige” voorvalle soos tegniese probleme ontbloot word. Tans is dit min reën en leë damme, in kombinasie met hoë temperature in sommige gebiede.”

Volgens hom is dit noemenswaardig dat Suid-Afrika eintlik die hoogste gehalte pypwater in die wêreld het, waar die stelsel werk.

Hy het bygevoeg die ernstige droogte wat in Suid-Afrika ontwikkel, veral in die noorde en ooste, plaas die soeklig op die dieper strukturele kwessies wat waterverskaffing betref.

“Kospryse, wat deur weer en waterverwante probleme aangedryf word, is een van die grootste faktore waaroor die Suid-Afrikaanse Reserwebank besorg is. Hierdie kwessies sal waarskynlik intensiveer tot die middel van volgende jaar, en terwyl seisoenale faktore sal vervaag, sal langtermyn strukturele kwessies steeds bly staan.”

Attard Montalto het gesê die mark behoort hieroor besorg te wees, weens die inflasierisiko en monetêre beleidsimplikasies, asook die impak wat waterbeperkings op uitsette sal hê. “Ons verlaag ons bruto binnelandse produk (BBP)-vooruitsig van 1.9% na 1.6%.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

vermeende ·

Bull dust, die hoogste gehalte water in die wereld en ons moet water koop om te drink?

Stig nog ‘n ‘war room” dit is goedkoper as om damme te bou!

Peet Schabort ·

Wanbestuur van ons hulpbronne soos die byvoeging van rou riool vir ekstra ‘flavour’ help met ons ondergang. Die ‘fan’ en die ‘sewage’ het nou bymekaar uitgekom.
‘n Kommunistiese regering sal nooit dink aan ‘n biddag vir reën.

neelsie ·

Om n land met al sy hulpbronne te bestuur is nie so maklik nie .Daar is sekere basiese praktyke wat gevolg moet word. (Dit word nie eers gedoen nie).Stel die regte mense met ervaring aan en dit sal aangespreek word. Dis nie nodig om Denemark en Kuba se hulp te vra nie . Hier is genoeg wit ingenieurs in ons land wat jare se ondervinding het. Maar nou ja……

Eish! ·

Driepuntplan wat baie, baie kan help.
1. Maak al die pype reg wat gerapporteer word. (Ek weet van 4 jaar lank wat ‘n pyp stukkend is en gerapporteer is en wat niemand niks aan doen nie.)
2. Kyk dat alles werk. Vandag ‘n werknemer by ons munisipaliteit weg is agv onderbetaling op sy vel gebasseer, het ons aanmekaar geen water vir lang tye en swak water. Die pomp het nie ‘n sif in nie en dan beland klippe in die pomp en siedaar!
3. Kry waterpatrollies en laat hul voortdurend deur die swart woonbuurte beweeg en krane toedraai wat oop gelos is. Want die mense weet nie hoe om ‘n kraan toe te draai nie. Laat hul ook deur al die gebiede sirkuleer en sodoende rapporteer as iewers iet is wat water lek. Kraan of pyp. En ook moet hul toesien dat die regte mense die regte diens lewer en regmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.