Waterkrisis kniehalter ekonomiese groei, sê minister

Argieffoto (Foto: RayMark, Pixabay)

Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, sê die landwye waterkrisis kan ekonomiese groei erg benadeel indien waterbesparings nie binnekort ingestel word nie en waterverbruikgewoontes nie verander nie.

Mokonyane het Maandag tydens ʼn inligtingsessie oor die infrastruktuurbeleggingsberaad, wat aan die einde van die maand plaasvind, gesê die regering het al reeds sowat R14 miljard bestee aan ʼn agterstand van die water- en sanitasie-infrastruktuur.

Die minister het gesê instandhouding en opgradering van die water- en sanitasie-infrastruktuur was noodsaaklik omdat Suid-Afrika een van die min lande is waar water direk uit die kraan gedrink kan word.

Mokonyane het ook gesê dit is noodsaaklik om goeie verhoudings met buurlande te handhaaf omdat die waterkrisis nie nét Suid-Afrika raak nie aangesien Suid-Afrika in dié stadium baie van Lesotho afhanklik is vir water.

“Totdat iets drasties [in terme van die krisis] nie gebeur nie, is daar ʼn groot moontlikheid dat die ekonomie nié verder sal groei nie,” het sy gesê.

Die tema van die beleggingsberaad is “Suid-Afrikaanse water oop vir sake” en is daarop gemik om bewusmaking te bewerkstellig oor die roetes wat gevolg kan word om die landwye waterkrisis te verlig en die krisis te omskep in finansiële groei.

Mokonyane het gesê die huidige droogte is die ergste droogte wat Suid-Afrika in jare getref het en dat die regering reeds besig is met talle veldtogte om bewusmaking te kweek oor die belangrikheid daarvan om water spaarsamig te gebruik.

“Die idee van die beleggingsberaad is juis sodat daar dialoog kan wees oor die beskikbare geleenthede, beperkings en oplossings met betrekking tot die huidige waterkrisis. Water het die nuwe goud geword.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Popeye ·

Die ekonomie sal ook nie groei met genoeg water in die land nie. Drakoniese wetgewing tov arbeid en industrie is ANC-gemaakte ekonomiese droogte wat afstuur op totale woestyn landskap.

Valie ·

Ja-nee, stremmende faktore, behalwe water, is Eskom, elektrisiteitspryse, arbeidswetgewing, lae produksie, arbeidsonrus, swak skoling, gebrek aan vaardighede, korrupsie, luiheid, rassisme aan regeringskant, gebrek aan enige wilskrag om te verbeter, misbruik van swak verskonings, die lys is eindeloos.

marous ·

En die regering laat toe dat die bietjie wat daar is besmet word met riool. En die regering laat toe dat die ondegrondse water besoedel word ter wille van geld in hul agtersakke. En die regering het versuim om gehoor te gee aan die waarskuwings dat daar damme gebou moet word.

Alias ·

Nomvula Mokonyane moet begin stop geldmors vir haarself! Praat met jouself!

bgj van der westhuizen ·

water is groot komer maar net so ook misdaat en swak regering alles maak dat nie mand hier wil kom bele nie

John ·

Het Nomvula nou eers na 23+ jaar wakker geskrik en hoop sy nou ons het ook. Geld gespandeer, nee gemors, soos mens water mors. En nou moet die private sektor hul geld in die droe putte gooi in die hoop dat dit water sal help optower uit ANC-‘riooldamme’ vol sie-sie… Ons bakhand-regering het sy handjies oorspeel want water kan jy nie met lee hande opvang nie… Dit val tussen die grypende vingers deur en syfer (soos nes die R0.0-getal) na nerens. (Ons hoor steeds ook nie dat die volk moet bid en omvergifnis vra vir ons sondes nie… geensins.) Kommuniste soek kapitaliste se geld om kommunisme se rewolusionere ideale en hul eie ondergang te verwesenlik… Hoe laaik jy dit?

TIENIE ·

Walaaa daar is nou n minister wat wakker geword het. Toe julle in die jare 90s gewaarsku was
dat’ met die groei die ANC regering moet damme bou toe doen hulle niks, nou kom hulle swak beplaning trug om hulle te byt, en wie ly nou daar onder. So ANC moet nie nou maak of die water skaarste die inwoners se skuld vis nie

Cherokee ·

In teenstelling met wat jy sê Tienie, is die apartheidsregerng te blameer. Hulle het te groot damme gemaak en nou word dit nie vol nie.

Manie ·

Wat kan hulle wys vir die baie geld wat gespandeer is. Ek dink nie veel want daar is honderde mense met konneksies wat die departement leeg tap. Minister stop om deel te wees van die bedrog spul dan sal daar dalk water wees

Peet Schabort ·

In die 1960’s was daar ‘n waterjaar met die slagspreuk ‘Water, werk mooi daarmee want ons leef daarvan’. Daar het net mooi niks daarvan gekom. Ons grootste probleem is riool wat in ons damme invloei soos byv. die Vaaldam. Die nuutste is te siene by https://ridgetimes.co.za/101254/riool-stroom-blesbokspruit-wat-eindig-vaaldam-vanwaar-drinkwater-voorsien-word/ Ek kan hier byvoeg dat ekself ook gesien het waar riool oorvloei op Evander en Secunda. Daar is darem ‘n ligpunt dat die rioolwerke (uiteindelik) by Deneysville vergroot word na verskeie ingrypings deur die media. Tog wil niemand van waterwese op kamera verskyn met Carte Blanche wat vreemd maar tog te verstane is. Ons as individue sal net doodeenvoudig meer betrokke moet raak om druk uit te oefen op instellings soos munisipaliteite wat verantwoordelik is vir waterbesoedeling. Reeds gedurende 2010 het die vakbond UASA gewaarsku oor ‘n waterkrisis en in sy tydskrif ‘labour dynamix’ van Junie 2016 dit herhaal met ‘n voorbladartikel ‘Water: We are Running on Empty!’ Skynbaar sal die regering nou wakker skrik nadat die krisis reeds bestaan en daar nie voorsorg getref is om dit te voorkom. Die woorde ‘Voorkoming’ en ‘Onderhoud’ bestaan nie in die woordeskat van die regering.

Antjie ·

Die agbare minista vergeet dat geld verkwis is op dringende projekte soos die Clanwilliam dam, maar dat die verbetering opgehou word deur moontlike korrupte politieke spel van haar eie departement.

Dit laat haar toespraak klink na toesmeer! Ai!

Carl ·

Van 1994 laat ons 13,5 moeljoen buitelanders die land inkom. Hulle is ook watergebruikers. Geen beplaning is gemaak of deurgevoer nie. Nou skrik die ANC en kom agter ons het probleme. Geen langtermyn insig nie!

Jaco ·

Ons sal wel nog ekstra moet betaal vir die agterstand, want onthou nou, dit wat ons huidiglik betaal is net net genoeg vir die grand Mercedese, groot huise en oorsese 5 ster vakansies! Met my water en krag rekening betaal ek huidiglik iemand se Mercedes af en moet ek self maar tevrede wees met n skadonk, seker maar die tekens van n regering wat mik na kommunisme :-(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.