Waterkrisis knou dorpe in Noordwes

Argieffoto

Argieffoto

Dorpe in Noordwes wat onder die Ditsobotla-distriksmunisipaliteit val kan moontlik nog vir maande waterprobleme ervaar weens die opgradering van infrastruktuur, het Beeld Woensdag berig.

“Daar sal watertekorte wees tot die opgraderings afgehandel is,” het Pius Batsile, woordvoerder van die munisipaliteit, aan die koerant gesê. Op ʼn vraag aan Batsile oor hoe lank dit gaan vat om die opgraderings af te handel, het hy geantwoord “miskien ʼn paar maande”. Volgens Batsile is ʼn kontrakteur aangestel om die opgraderings te doen.

Dr. Herman Meyer, ʼn inwoner van Coligny, het aan Beeld gesê die dorp is al vir 15 dae sonder behoorlike watertoevoer. “Die water kom sporadies en dan is dit weer vir dae af.” Hannes Fourie, DA-raadslid, het gesê Lichtenburg is ook hard getref deur die watertekorte. “Daar is slegs water vir ʼn paar uur per dag,” het hy aan die koerant gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.