Wateronderbrekings vir KZN voorspel

Argieffoto

Argieffoto

Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal het gewaarsku dat sy inwoners binnekort wateronderbrekings kan verwag.

Volgens ʼn kennisgewing op die munisipaliteit se Facebook-blad sal die waterverbruik oor die volgende week gemonitor word. “Indien die situasie nie verbeter nie, sal ons met geen opsie gelaat word as om wateronderbrekings in te stel nie,” lui die verklaring wat Vrydag gepubliseer is.

Die stad het ʼn lys van gebiede en persele gepubliseer wat daagliks moontlik hierdeur geraak kan word, wat La Mercy, Sibaya Casino, King Shaka Internasionale Lughawe, Verulam-middestad en plase langs die N2-snelweg insluit.

Die Independent het Saterdag berig dat ʼn droogtebeplanningskomitee tydens ʼn noodvergadering besluit het om waterbeurte in te stel om seker te maak dat die Hazelmere-dam se watervlak nie laer as 35% sal daal nie. Die dam se watervlak was Vrydag reeds op 40%.

Die komitee is saamgestel uit verteenwoordigers van Umgeni Water, eThekwini-munisipaliteit, iLembe distriksmunisipaliteit en Sembcorp Siza Water.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pop ·

Ons sit jaar in en jaar uit met hierdie waterskaarste hier op die kus. Maar n plan sal daar nie gemaak word om damme of iets te bou nie. Dis seker ook die apartheid se skuld. Die populasie groei op die kusgebiede van plakkers ens. nou dan moet daar mos nou plan gemaak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.