Waterskaarste gaan glo nog lank kwel

Argieffoto

Argieffoto

Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, het gesê die huidige droogte in Suid-Afrika gaan watervoorsiening beïnvloed.

Mokonyane het tydens ʼn byeenkoms in Stockholm, Swede, gesê navorsing deur wetenskaplikes dui daarop dat ongunstige klimaatstoestande vir die volgende drie jaar in Suid-Afrika sal voortduur en dat dit tot ondergemiddelde reënval gaan lei.

Volgens die departement is sommige dele van die land, veral in KwaZulu-Natal, reeds tot rampgebiede verklaar.

Mokonyane het gesê hoewel watertekorte die hooffokus sal wees, moet daar ook klem geplaas word op openbare bewustheid en opvoeding oor hoe burgers die min beskikbare water kan bestuur.

Mokonyane het gesê water word tans deur middel van watertenks in landelike gebiede voorsien terwyl daar ook op sommige plekke reeds waterbeperkings is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann Marx ·

Die waterskaarste sou nie so erg gewees het as die sogenaamde reënboognasie nie ons riviere in rioolslote verander het nie…

Ron ·

Jy kon dit nie beter gestel het nie Johann!!! Ek baie lief vir visvang (Ok nie meer veilig nie) en ek sal vir jou se jy sal op jou rug val as ek vir jou foto’s wys van die eers mooiste damme. Riool en toiletpapier le 5cm dik op die oewers!! Nee man!!!

Johann Marx ·

Hahahaha….vroëer jare was ons riviere vol “fishes”….nou’s hulle vol “faeces”….

christine ·

Jys reg hulle sit en slaap. Nou voor verkiesing wil hulle wakker skrik. Laat my dink aan advertensie wat hulle skeinbaar gemis het ,die afgelope 8 jaar. ” Die volgende oorlog gaan oor water uitbreek” hel ek weet nie, elke mens met n tuinier of huishulp moet die mense opvoed omtrent die regering. Hulle laat hulle so maklik om praat, ou resep en sooo opstookbaar.gebruik dit dan teen hulle.

Filemon, The Wise One ·

Apartheid se skuld. As die previous guvvermint meer klein damme gebou het en nie groot damme nie sou die klein damme vinniger vol geword het. Die Queenstown councillor het hom so gesê: “The apartheid regime built the dams too big, so they take a long time to fill. You should have built them smaller, they would fill quicker and we would have plenty of water and never run out”
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/No-water-not-our-problem-20130310

Peet Schabort ·

Ons is aktief betrokke by die storting van riool in die Vuildam (voorheen die Vaaldam). Moenie net reken dit is ‘n verlore stryd deur te sê “maar oral gaan dit so”.
Eintlik moet opvoeding op skoolvlak hiermee begin word. Daar is reeds videos op Youtube aangaande die onderwerp.
Moenie net terugsit en toekyk, gee die belhamels ook dieselfde as wat hulle ons waterbronne gee en dit is k . .
Daar was in die 1960’s ‘n waterjaar met die leuse: “WATER. WERK MOOI DAARMEE WANT ONS LEEF DAARVAN”.
Dit lyk nie of dit tot ons deurgedring het die afgelope halfeeu.

Winston ·

En so gaan dit aan. Dit is nou die Vuildam. Die Umzinsewege en alle damme en riviere is vol “faeces”. Spoel toilette moet gebou word vir miljoene om nog water te mors. Mense in die land is blind. Hulle sien niks en hoor ook niks. Water is ons Kosbaarste kommoditeit!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.