Waterskeidingsaak vir dwelmhandel

Argieffoto (Corbis)

Argieffoto (Corbis)

Twee beskuldigdes, ʼn Nigeriër en sy Suid-Afrikaanse vrou, is swaar gevonnis in verband met dwelmhandel en geldwassery.

Collins Vwakaneme (37) en sy vrou, Veliswa (32), is in Julie 2013 in Durban aangekeer en die polisie het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op sintetiese dwelmmiddels ter waarde van ongeveer R4 miljoen.

Die beskuldigdes het die sogenaamde ontwerpersdwelmmiddels vervaardig en daarmee handel gedryf.

“Die opsporing van hul klandestiene laboratorium waar sintetiese dwelmmiddels vervaardig is, het in 2013 opspraak gemaak in die internasionale gemeenskap en was ʼn eerste vir die land,” het brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, in ‘n verklaring gesê. “Wettige chemikalieë is gebruik om hierdie dwelmmiddels te vervaardig om ecstasy, kokaïen, heroïen, metamfetamien en cannabis te vervang.” Die dwelmmiddel staan algemeen bekend as ʼn “wettige hoog” of “badsout” en dit het ʼn groter impak op die gebruiker en kan selfs dodelik wees.

Volgens Naidoo het hierdie sintetiese dwelmmiddels ʼn geweldige uitdaging vir wetstoepassers in talle lande beteken, aangesien die chemikalieë in die Wet op Medisynebeheer verskyn. Howe is dus versplig om ligter vonnisse op te lê.

“Sedert die wysiging van die Dwelmwet is dit die eerste keer wat ʼn vonnis van hierdie aard in ʼn Suid-Afrikaanse hof uitgespreek is,” het hy bygevoeg.

Die twee is in die Durbanse streekshof skuldig bevind en tot 10 jaar tronkstraf elk gevonnis vir die oortreding van die Wet op Medisynebeheer en 15 jaar tronkstraf vir geldwassery.

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het die vonnisse verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Coach ·

En oor 10 maande op parool soos sekere ander mense wat skuldig bevind was. Ons reg stelsel wat vooreen een van die bestes was is vandag net goed om grappe oor te maak!

George ·

Mag hulle verrot in die tronk. Mense wat sulke dinge doen het geen regte of voorregte nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.