Watertekort in Vredenburg en Paternoster

Visbote op die strand by Paternoster (November 2009) Foto: Mike Lomax - Wikimedia OTRS

Visbote op die strand by Paternoster (November 2009) Foto: Mike Lomax – Wikimedia OTRS

Die Saldanhabaai-munisipaliteit het Dinsdag bevestig daar is ʼn watertekort in dele van die Weskus.

Volgens ʼn verklaring op die munisipaliteit se webwerf dui die telemetriese toerusting, wat die watervlakke in opgaardamme monitor, aan dat daar ʼn fout ingesluip het tussen die vlakke wat gemonitor word en die ware vlakke van die damme in die twee opgaardamme. “Dit kan moontlik tot die laer watervlakke gelei het,” lui die verklaring.

Die munisipaliteit is glo reeds van Vrydagmiddag af al bewus van die probleem.

Vredenburg en Paternoster word hierdeur geraak.

Die munisipaliteit het gesê pogings is aangewend om die watervlakke in die opgaardamme te herstel, en dit kan moontlik tot watertoevoer- en waterdrukprobleme in die betrokke woongebiede lei.

“Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak is en ons maan inwoners om water spaarsamig te gebruik, aangesien sommige gebiede en inwoners tans geen water het nie,” het die munisipaliteit gesê.

Daar is reëlings getref om drinkwater aan die huishoudings te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris ·

Ek wonder net of common sense nie meer ‘n rol speel nie. As die dam leeg lyk maar vol wys op die rekenaar, watter een gaan jy glo??? Klink vir my na ‘n “ehh” geval.

Rina Wenhold ·

Dis onbevoegde munisipale werkers wat daardie goed ALTYD moet nagaan..en dit nie doen nie….en dan is Saldanhabaai Munisipaliteit die beste?? Met munisipale bestuurder wat astronomiese salaris kry en nie veel doen nie..
Dis waar die geld heen is wat vir instandhouding gebruik moes word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.