Watertekorte in Gauteng

Argieffoto

Argieffoto

Verskeie buurte in Gauteng ervaar watertekorte weens die verhoogde temperature en ʼn toename in vraag, het Rand Water Saterdag gesê.

Justice Mohale, woordvoerder van Rand Water, het gesê die situasie het Maandag ontstaan na ʼn kragonderbreking by die Eikenhof-pompstasie wat tot gevolg gehad het dat daar nie water in die reservoirs in gepomp kon word nie.

Volgens Mohale het dit ook tot gevolg gehad dat watervlakke nie tydens periodes van verhoogde vraag kon stabiliseer nie. “Dit was dus nie moontlik om water na van ons reservoirs te pomp nie. Die reservoirs voorsien hoofsaaklik die westelike en suidelike dele van Johannesburg, dele van die Wes-Rand en Ekurhuleni.”

Mohale het ʼn beroep op inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

tom ·

Dis net die begin.

Gee dit nog so 5 jaar met reen of 18 maande droogte / sonder reen, dan is daar geen water nie.

Wel nie vir gauteng nie.

Baie damme lyk vol maar is / word noot gebagger nie en loop al vir dekades vol sluik en gemors.

Op die oog af vol na reen en loop oor, maar die werklike water telling is erg onstellend tov ons damme se kapsiteit.

Waneer damme leeg loop soos in ermelo word hulle nie meganies gebagger nie, wat ideal is want om te bagger met water in is baaaaie duurder.

Niemand hoor nie. niemand sien nie. tot die kraan gedraai word en daar is regtig nie water nie.

Malema en al die kwaai geeste saam sal nie n idee he wat se gemors dit sal afgee nie want alle industriee wat verkoeling en kos voorbereiding moet water he. baie water. Alles kom dan tot stilstand.

Trokke kan nog water vir ons aanry maar die groot industree vou net daar en dan.

Spoel toilette ook.

Lorain ·

wat n flou verskoning. Hulle kan net nie vir hul self dink nie. ons water is af vanaf verlede maandag. tussen 08h00 in die oggend en kom weer aan hier by 11h00 -12h00 in die aand. so gaan dit al die hele week. hoekom sit hulle nie die water af vir 2 of 3 dae nie. laat hierdie reservoirs dan vol pomp en sit dan weer die water aan nie. Waarsku net die mense dat hulle dit gaan doen. Maar soos gewoonlik was dit weer ESKOM wat die probleem veroorsaak het. Toe ek n kind was, sou jy nooit so iets in SIUD AFRIKA beleef nie. Na 1994 het al hierdie probleme begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.