Watertekorte: Oos-Londen-sakelui trek swaar

Sakeondernemings in Oos-Londen het na raming al R460 miljoen verloor weens waterprobleme met talle gebiede in die stad wat al vir byna ʼn week min of geen water het nie.

Dele van dié metro is al van Maandag sonder water en teen Woensda

Argieffoto: Wikimedia

Argieffoto: Wikimedia

goggend het die stad watertenks na hospitale en ouetehuise begin aanry.

Les Holbrook, uitvoerende beampte van die Border-Kei-sakekamer het gesê die geskatte verlies is net vir ʼn halwe dag se werk en is na aanleiding van ʼn opname wat deur lede van die sakekamer gedoen is. Die sakekamer het 700 lede wat groot en klein ondernemings insluit.

Thanduxolo Matebese, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê tegnici is besig om ʼn ander pyp om die Umzonyana-opgaardam aan te lê om sodoende water aan die rioolsuiweringswerke te voorsien. Dit sal na bewering drie tot ses dae neem voordat die metro se waterstelsel weer ten volle funksioneel sal wees.

Volgens Holbrook kon meeste van die vervaardigingsmaatskappye soos Mercedes Benz glad nie funksioneer nie. Hy het bygevoeg dat ondernemings moontlik kort- en langtermyn nagevolge gaan ervaar soos byvoorbeeld bestellings wat gekanselleer word, bestuur van reputasie en die skoonmaak van masjinerie. “Wanneer jy 3 000 werknemers het en jy kan nie ʼn toilet spoel nie, veroorsaak dit probleme.”

Hy sê mense het al gewoond geraak om sonder krag klaar te kom, maar nie sonder water nie – juis omdat dit so noodsaaklik is. Een van die grootste probleme is dat die sakeondernemings nie gewaarsku is dat daar nie water gaan wees nie.

Die hoofklagte volgens Holbrook is dat sakelui nie weet hoe groot hierdie probleem uitkring of hoe lank dit sal voortduur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa B ·

Dis as gevolg van onkunde dat ons land so verarm. Maar hulle het mos ‘n antwoord vir alles en niks is hulle fout nie. Dis altyd die een langsaan se problem. Hierdie mense het nie ‘n benul wat hulle besig is om aan ons land en mense te doen nie. R460 milj. Kan jy jou dit indink. Liewe genade tog – wanneer gaan hierdie mense wat in hierdie top poste sit bykom?

johann ·

Ek bly in Gonubie net buite Oos Lonnden. Dis n Skande!. Dele van my buurt gaan ook gebuk onder die water krisis. Hier is huishoudings wat geen water het nie, en moet rondry met houers en water kollekteer by mense wat wel het.,en gebruik moet maak van swembad water om toilette te spoel. Gemeentskappe was ook nie behoorlik vooraf gewaarsku dat daar n probleem gaan wees nie. Dit sou net n eendag projek wees! Nou moet mense minstens ‘n week sonder water klaar kom.! Dis duidelik dat die ANC geleide Metro geen benul het wat hulle doen nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.