Watertenkwaens in Tshwane ontplooi ná ontploffing by pompstasie

(Argieffoto: Ingo Hamm/Unsplash)

Die Stad Tshwane het bykomende watertenkwaens gestuur na gebiede in die stad wat onderbreking in watervoorsiening ervaar omdat die pompe by Rand Water se Palmiet-aanjaagpompstasie in hierdie stadium onbruikbaar.

Maroela Media het vroeër berig die Palmiet-aanjaagpompstasie werk in hierdie stadium net teen 55% van sy gewone daaglikse kapasiteit, nadat drie motors wat gebruik word om die pompe aan te dryf, die naweek ontplof het. Die voorval het gelei tot die vermindering van reservoirvlakke in die Palmietstelsel.

Die probleme sal die metrorade van Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane raak.

Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, sê die uitleg van die Palmiet-stelsel hanteer vloei van Rand Water na twee van die Stad Tshwane se reservoirs, naamlik Brakfontein (wat water aan Streek 4 en dele van Streek 3 van die stad verskaf) en Hartebeeshoek (wat water aan Streek 1 verskaf).

“Aangesien die Hartebeeshoek-reservoir omtrent laaste water kry, vloei daar tans minder of geen water nie daarheen,” sê Bokaba.

Bokaba sê in die stad se strewe om te verseker dat al die inwoners water kry, het hy tien watertenkwaens aangeskaf en dit na dele van Streek 4, suid van die stad, gestuur. Dit sluit in Olievenhoutbosch en uitbreidings, Rua Vista, Thatchfield, The Reeds, Rooihuiskraal, Kosmosdal en dele van Louwlardia en Monavoni.

Nóg tien watertenkwaens is na dele van Streek 1, noord van die stad, gestuur om die 22 tenkwaens wat Maandag gestuur is, aan te vul. Die totale getal watertenkwaens in die betrokke gebied staan tans op 32.

Dit sluit gebiede in soos Rosslyn, Soshanguve Blok L, K, DD, M,UU en VV, Mabopane Blok X, T, UX, V,B, M, E, S, D en A, Winterveldt en Ga-Rankuwa.

Rand Water het benadruk dat indien daar nie gehoor gegee word aan die oproep om waterverbruik te verminder nie, daar nie genoeg water vir munisipaliteite gaan wees nie en reservoirs gaan opdroog.

Herstelwerk aan die beskadigde infrastruktuur word tans op ʼn noodgrondslag gedoen.

“Rand Water het Maandagaand die stad in kennis gestel dat hulle daarin geslaag het om ’n bykomende pomp aan die gang te kry, maar hul stelsel het nog steeds ’n tekort van 300 megaliter om ten volle in werking te wees. Ons wag nog op terugvoer van Rand Water op ons navraag vanoggend (Dinsdag) .

“Daar moet op gelet word dat die stad Tshwane se stelsel slegs kan herstel sodra die Rand Water se stelsel weer in volle werking is.

“Die stad vra die inwoners om verskoning vir die ongerief. Dit situasie is buite ons beheer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andrew ·

Alles ou plotte wat nou lae koste behuising geword sonder die nodige munisipale dienste. En hoekom moet ek eiendoms belasting betaal?

Snowball ·

Want tegnologie bly ‘n vreemdheid in Afrika; instandhouding daarvan nog vreemder.
Kruiwa en ‘n wateremmer op die kop gee nie die tipe probleme nie..

koos10 ·

Gedeeltes in Daspoort en Hermanstad, Mountain View was 2 weke terug, 3 dae sonder water, en geen water tenks is daar ontplooi nie. Hoekom nie?

Tino ·

Omdat jy jou dienste betaal en nie saak maak nie. Jy stem nie vir die gekwose party nie

Harley Davidson ·

Is die stad Pretoria se naam verander na tshwane of is dit die tshwane metro die media se verwysing is ‘n bietjie misleidend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.