Watertenkwaens vir hoogliggende gebiede in Pretoria

Argieffoto (Foto: ID-165106/Pixabay)

Stad Tshwane se departement van water en sanitasie monitor deurgaans die verskaffing van water van Rand Water en die herstel van reservoirs in die stad.

“Ons het oornag ʼn stadige toename gesien in die watervlakke in ons reservoirs,” sê Phillip Nel, LUR in die munisipaliteit oor water en sanitasie. “Dit beteken dat laagliggende dele reeds van vanoggend af water het. Die proses duur egter voort en ons is bewus daarvan dat daar nog steeds sommige dele in Pretoria is wat nie water het nie.”

Watertenkwaens is aangeskaf om die hoogliggende dele in Pretoria te ondersteun waar die watertoevoer nog nie herstel is nie. “Dit sal na verwagting vandag nog ontplooi word, gekoördineer deur die plaaslike streke en kommunikasie sal aan die wyksraadslede gestuur word.”

Nel sê die munisipaliteit doen ʼn beroep op inwoners om water spaarsamig te verbruik sodat die stad se reservoirvlakke vinnig kan herstel.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief en bedank inwoners vir hul begrip en geduld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MJ ·

Ek hoop hulle kry skoner water as wat die mense in Springs Maandag gekry het…

SjN ·

Indien onderhoud en instandhouding reg gedoen is was dit nie nodig vir watertenks en die ongerief wat ten duurste maandeliks betaal moet word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.