Watertoestand in Nelson Mandelabaai ʼn ‘krisis’

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Inwoners van Nelson Mandelabaai kan hulself voorberei op strenger waterbeperkings binne die volgende week, aangesien die stad op die rand van ʼn “krisis” staan.

Athol Trollip, uitvoerende burgemeester, het ʼn noodperskonferensie by die stadsaal in Port Elizabeth gehou om die watertoestand aan te spreek en die implementering van verskeie noodskemas.

Damvlakke het Woensdag tot ʼn gemiddeld van 43.1% gedaal, en met die laaste 10% van ʼn dam se water wat nie bruikbaar is nie, is dit effektief 33.1%.

Teen die huidige gebruikstempo beteken dit nog ongeveer 12 maande van bruikbare water.

Trollip het gewaarsku die munisipaliteit is slegs 3% weg om na Deel C van sy waterbeperkings te beweeg wat duurder tariewe vir residensiële en sakegebruikers insluit.

Hy het gesê die metro se inisiatiewe tot dusver om water te bespaar het nog nie die verlangde uitkomste gehad nie en die metro moet meer doen om strafmaatreëls in te stel.

“Terwyl ons damvlakke bly daal, word daar van ons vereis om drastiese maatreëls in te stel om seker te maak dat ons ons voorraad so lank as moontlik kan uitrek. As ons nie binne die volgende paar weke noemenswaardige reën gaan kry nie, sal die damvlakke teen die begin van Mei na verwagting op 40% staan,” het hy gesê.

Indien damvlakke laer as 40% daal, sal die metro:
– alle huishoudelike gebruikers wat meer as 40 kl/m gebruik, twee weke kennisgewing ontvang om alle lekkasies reg te maak of hul verbruik te verminder; indien die gebruiker versuim om dit te doen, sal ʼn vloeimeter geïnstalleer word om watergebruik te beperk;
– alle huidige en toekomstige boorgate moet by die metro se infrastruktuur en ingenieursdirektoraat geregistreer word; en
– kontrakteurs sal herwinde water van Fishwater Flats of enige ander goedgekeurde rioolsuiweringsaanleg moet gebruik.

Ander noodskemas sluit in om nie-drinkbare water gratis aan die publiek beskikbaar te maak.

Anette Lovemore, hoof van infrastruktuur en ingenieurswese, het gesê die departement van water en sanitasie wil hê die metro moet sy watergebruik met 20% beperk en die moontlikheid dat die metro beurtwater wil instel, is kommerwekkend. “Ek is baie bekommerd dat hulle reeds gedreig het om daaglikse beurtwater in te stel. Met ons verouderde infrastruktuur is dit baie gevaarlik om dit die volgende oggend weer oop te draai. Ons gaan skade aanrig,” het Lovemore gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DW ·

Wil net weet hoeveel huise is gebou sedert 1994 ?
Hoeveel damme ?
hoeveel krag stasies ?

John ·

Dis teen die wet. Ontwikkeling is ouderwetse kolonialistiese misdrywe en moet hand en tand beveg word ooreenkomstig die nuwe beleid van agteruitgang tot rommelstatus en hopelik laer. Sodra ‘n munisipaliteit sy anti-koloniale afgradering vervolmaak het en die pesdraende rotte in die rommel rondrits, dreun die tromme om die aankoms van Koki aan te kondig. Luister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.