Watertoetse wek kommer

Lambert de Klerk, assistent koördineerder, en Marcus Pawson, hoof van plaaslike regeringsake by AfriForum, by die bekendstelling van AfriForum se blou- en groendruppelverslag. Foto: Phillip Bruwer.

Lambert de Klerk, assistent koördineerder, en Marcus Pawson, hoof van plaaslike regeringsake by AfriForum, by die bekendstelling van AfriForum se blou- en groendruppelverslag. Foto: Phillip Bruwer.

Sowat 500 ml van elke vyf ℓ drinkwater wat getoets is voldoen nie aan standaarde nie, terwyl vier van elke 10 ℓ rioolwater wat nie behoorlik behandel is nie, in riviere beland.

Dié syfers is Woensdag deur die burgerregte-organisasie AfriForum bekend gemaak in sy jaarlikse nasionale blou- en groendruppelverslag. AfriForum het sedert 2013 die stand van die land se water begin dophou nadat die departement van water en sanitasie sy groendruppelverslag sedert 2013 en bloudruppelverslag sedert 2014 begin weerhou het.

Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regering, het tydens ʼn mediakonferensie in Centurion aan Maroela Media gesê hy is van mening dat die regering nie die verslae uitreik nie omdat dit dui op die verval van Suid-Afrika se infrastruktuur en ’n tekort aan bekwame personeel om waterbestuurinstellings te bestuur.

AfriForum het in Februarie en Maart vanjaar die gehalte van drink- en rioolwater in 132 Suid-Afrikaanse dorpe met die hulp van die gemeenskap getoets.

“Die toetse het kommerwekkende resultate getoon en dui op verval. AfriForum het die dorpe wat nie binne die gestelde mikrobiologiese standaarde val nie versoek om die waterstandaard binne 24 uur te herstel. Vyf van hulle het hierop ag geslaan, maar twee dorpe se drinkwater wek nog kommer,” het Pawson gesê.

Lambert de Klerk dui aan Sowat 500 ml van elke vyf ℓ drinkwater voldoen nie aan standaarde nie. Foto: Phillip Bruwer.

Lambert de Klerk dui aan Sowat 500 ml van elke vyf ℓ drinkwater voldoen nie aan standaarde nie. Foto: Phillip Bruwer.

Bloudruppel

Die gehalte van drinkwater is in munisipaliteite regoor Suid-Afrika getoets, en sewe van hierdie munisipaliteite het nie aan die gehaltestandaarde vir drinkwater voldoen nie. “Die 2014-resultate het getoon dat die drinkwaterstelsels van 11 dorpe nie aan die standaarde voldoen het nie, terwyl hierdie getal in 2015 na vyf dorpe verminder het. Vanjaar het die getal egter weer na sewe dorpe uit 132 gestyg,” het Pawson bygevoeg.

Die munisipaliteite wat nie aan die standaarde voldoen het nie, is die volgende:

DorpeMunisipaliteitRede vir nievoldoening aan watergehalte-standaarde

Volgens Sanas: 214 nasionale standaarde mag daar geen E. coli in drinkwater wees nie

Pretoria-WesTshwane Metropolitaanse MunisipaliteitHoë konsentrasie van fenol en chroom.
StellaNaledi Plaaslike MunisipaliteitNitrate bo toelaatbare vlak. AfriForum se 2015-uitslae het vir die derde agtereenvolgende jaar
50 mg nitrate per 100 ml water getoon, wat volgens die South African Water Quality Guidelines Volume 1: Domestic Water Use, Second Edition (1996) methemoglobinemie by babas kan veroorsaak.
RaytonTshwane Metropolitaanse MunisipaliteitE. coli.
WitbankEmalahleni Plaaslike MunisipaliteitE. coli en fekale kolivorme
Schweizer-RenekeNaledi Plaaslike MunisipaliteitNitrate bo toelaatbare vlak
BelfastEmakhazeni Plaaslike MunisipaliteitE. coli en fekale kolivorme
Piet RetiefMkhondo Plaaslike MunisipaliteitE. coli en fekale kolivorme

AfriForum het gemeenskappe van die bostaande gebiede gewaarsku om nie die water te drink nie, terwyl die betrokke munisipaliteite kennis ontvang het om die gehalte van hulle water reg te stel. Opvolgmonsters dui aan dat die munisipaliteite in Pretoria-Wes, Stella, Rayton, Witbank en Schweizer-Reneke aan AfriForum se versoek gehoor gegee het en dat die water nou skoon is.

“Hoewel AfriForum die rede vir die nievoldoening aan watergehaltestandaarde aan die munisipaliteite van Belfast en Piet Retief deurgegee het, het dié twee munisipaliteite nie die probleem opgelos nie. AfriForum sal in reaksie teen dié munisipaliteite ’n tweeledige strategie volg: Eerstens sal die organisasie dringende regstappe teen die betrokke munisipaliteite neem en tweedens ’n selfdoeninisiatief van stapel te stuur om die probleem op te los,” het Pawson gesê.

Lambert de Klerk wys vier van elke 10 ℓ rioolwater wat nie behoorlik behandel is nie, beland in riviere. Foto: Phillip Bruwer

Lambert de Klerk wys vier van elke 10 ℓ rioolwater wat nie behoorlik behandel is nie, beland in riviere. Foto: Phillip Bruwer.

Groendruppel

AfriForum het ook rioolwaterstelsels in 72 dorpe landwyd getoets waar daar AfriForum-takke is. Soveel as 27 van dié stelsels het nie aan gehaltestandaarde voldoen het nie. “AfriForum kon wel vanjaar daarin slaag om verskeie munisipaliteite se afvalwater te toets nadat die organisasie verlede jaar deur sommige munisipaliteite toegang tot sekere rioolwaterstelsels geweier is. Dít is verstaanbaar as die bedenklike stand van afvalwaterbestuur in die land in ag geneem word – gemiddeld 40% van Suid-Afrikaanse rioolwaterstelsels funksioneer nie binne die regulatoriese vereistes nie. Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal toon ’n algehele afname in rioolwaterbestuur, terwyl Noordwes en die Wes-Kaap verbetering toon,” het Pawson gesê.

“Die 27 afvalwaterbehandelingsaanlegte wat nie aan die standaarde voldoen nie, kan ’n bedreiging vir menslike gesondheid, voedselsekerheid en die omgewing inhou. Die standaard van rioolwaterstelsels behoort in 2016 as prioriteit beskou te word gegewe die droogtetoestande in Suid-Afrika.”

Suid-Afrika se nasionale watergehaltestandaarde maak vir 1 000 eenhede E. coli per 100 ml water in behandelde rioolwater voorsiening.

Munisipaliteite wat nie aan hierdie standaarde voldoen het nie, is die volgende:

TakMunisi-paliteitProvinsieAfriForum-

groendruppel

2013

AfriForum-groendruppel

2014

AfriForum-groendruppel

2015

AfriForum-groendruppel

2016

ApiesrivierTshwane MetroGauteng77 00085 0002 000
CenturionTshwane MetroGauteng10 0001000 000
MeyersparkTshwane MetroGauteng2 40011 00010 000
Pretoria-OosTshwane MetroGautengHoë konsentrasie fekale koliforme
Pretoria-WesTshwane MetroGauteng12 000
ZambesiTshwane MetroGauteng2 000
AlbertonEkurhuleni MetroGauteng3 900
NigelEkurhuleni MetroGautengHoë konsentrasie fekale koliforme
SpringsEkurhuleni MetroGauteng2 000
WestonariaWestonaria PMGauteng2 500
CradockInxuba Yethemba PMOos-Kaap2 000
BelfastEmakhazeni PMMpumalanga19 000690 0005 200>2 400
BethalGovan Mbeki PMMpumalanga450 000100 000
DelmasVictor Khanye PMMpumalanga1 500
LydenburgThaba Chweu PMMpumalanga1 000 00073 400>1 000
Piet RetiefMkhondo PMMpumalanga>1 000
SecundaGovan Mbeki PMMpumalanga2000
StandertonLekwa PMMpumalanga100 00050 000
WitbankEmalahleni PMMpumalanga4 000
StellaNaledi PMNoordwes>100 000>1 000>2 000
WolmaransstadMaquassi Hills PMNoordwes>1 000
GroblersdalElias Motsoaledi PMLimpopo>1 000
PhalaborwaBa-Phalaborwa PMLimpopo110 0001 3003 700
NylstroomModimolle PMLimpopo>1 000
MargateHibiskus Kus PMKwaZulu-Natal>1 100
NewcastleNewcastle PMKwaZulu-Natal10 000>2 000
PongolauPongolo PMKwaZulu-Natal>1 200

Pawson het gesê AfriForum is besig om briewe aan die bostaande munisipaliteite uit te reik om hulle bewus te maak dat daar nie aan die gestelde vereistes voldoen word nie. Die burgerregte-organisasie onderneem verder om homself regoor Suid-Afrika te posisioneer en jaarlikse evaluasies soos hierdie te behartig om sodoende die infrastruktuur deurlopend te monitor.

“Volgens die departement van water en sanitasie se bloudruppelverslag vir 2014 is 1 036 drinkwaterstelsels geëvalueer, terwyl slegs 44 stelsels aan standaarde vir bloudruppelstatus voldoen het. Die opsommende groendruppelverslag van 2013 het aangedui dat slegs 60 uit 824 afvalwaterstelsels groendruppelstatus ontvang het.”

Pawson is van mening dat AfriForum se uitslae as die mees standhoudende inligting vir ’n nasionale beeld van Suid-Afrika se waterbestuur beskou kan word, gegewe die departement van water en sanitasie se weerhouding van die onderskeie verslae.

Klik hier vir die volledige verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

m ·

Skrikwekkend!!! Niks word mee onderhou in SA nie en die aanstelling van onbekwame mense verger die situasie so die probleem gaan ma net vererger.

BoereBikerBaby ·

Dis omdat bekwaamde mense afgedank word sodat dit aan die BEE vereistes moet doen en poste net gegee word aan onbekwaamde mense wat water as water sien en nie wat BINNE die water skuil nie.
Almal kan nie gebottelde water bekostig nie. En so word die regering siek sonder dat hulle weet wat die eintlike oorsaak is…

Lance ·

Dankie vir julle werk sonder dit sal ons niks weet nie ….want alles is mos reg totdat dit breek. Daar is geen woord in Zulu vir maintenance ….toe ek dit hoor toe spreek dit boekdele ….daar is egter n woord vir regmaak. Besoedeling soos onwettige rommel storting dra alles by tot die probleem …so dink weer as jy daardie papier / plastiek / blik of stink sigaret stompie by jou venster uitgooi ….

Veritas ·

Moenie so kras wees nie. Daar is ‘n dieperliggende rede hiervoor. Besoedeling = Werkskepping.

vresslik ·

word die mense van die plekke vergoed vir die drinkwater wat hulle moet aankoop. Piet retief uit my kinderjare was wragtig n mooi skoon dorp wat 16 jaar (syfers onder korreksie) pryse verower het as die SKOONSTE dorpe in suid afrika. helaas. vandat die munisipale bestuur swart geword het het die dorp so verbal dat ons eerder see toe vlieg as om deur die hook the ry. sies.

is filters vir die water so duur of is daar net nie meet geld beskikbaar nadat munisipale bestuur hulle voordele ontvang het nie?

Akram ·

Genugtig. SA WAS een van ie min lande waar mens water uit die kraan KON drink. Ek is in die buiteland en ons het water tenks wat deur die nag volgepomp moet word. (as die water ons bereik). Die water kom van die rivier af. Elke jaar moet die modder uit die tenks gewas word. Ons moet bottel water gebruik vir kook en drink. Dit is maar deel van die daaglikse program. Indien die water opraak, moet ons tenkers kry on vol te maak. Ek hoop dat hulle spoedig die probleem sal kan oplos. Instandhouding was die antwoord. Maar nou klink dit meer na replace.

Gerd Lourens ·

Afriforum, kan julle nie die betrokke amptenare aankla van poging tot moord nie? Want mens word doelbewus vergiftig.

Armando ·

Welgedaan, Afriforum! Baie geluk en baie dankie dat julle julle met belangrike sake besighou ipv met politieke toesprake in halfleë stadions! Ek is bly en trots daarop om lid te wees van Afriforum!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.