Watertoevoer by hospitaal herstel

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Watertoevoer is ten volle herstel na die Bertha Gxowa-hospitaal en ander dele van Germiston se middestad wat geraak is deur ʼn onderbreking die afgelope vyf dae.

Nhlanhla Cebekhulu, woordvoerder van die Stad Ekurhuleni, het Dinsdag gesê die hospitaal het op 13 Maart lae waterdruk begin beleef ná herstelwerk aan ʼn paar gebarste pype in verskeie dele in die stad. “Tegnici het ondersoek ingestel en bevind verskeie waterkleppe is buite werking en verskeie kleppe was gesluit.

Meer as 156 waterkleppe moes nagegaan word om die oorsaak van die probleem op te spoor.

“Alhoewel die watertoevoer herstel is, ontvang die hospitaal deurgaans water deur middel van vier tenkers om seker te maak die watervlakke in die opgaartenk bly bo 75% om seker te maak die interne salenetwerk het voorraad wanneer enige noodgeval, soos ʼn brand, plaasvind.”

Residensiële huise en eenverdiepinggeboue in die gebied is nie deur die probleem in watertoevoer geraak nie, alhoewel sommige persone lae waterdruk kon beleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tokkelos ·

Kan iemand nie asb ondersoek instel na die provinsiale hospitaal – Holy Cross Hospitaal in Flagstaff, Oos Kaap wat al 3 weke sonder water is, wat die probleem is, die mediese personeel, hospitaal, niks water die jojo tenks loop leeg. Dis nou n krisis!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.