Watson ‘laat komplekse nalatenskap agter’

the-bosasa-billions-voorblad

In die boek ‘The Bosasa Billions’ word Bosasa se betrokkenheid by staatskaping ondersoek. Een van die skrywers, James-Brent Styan, het met Maroela Media oor dié boek gesels. Foto: Lapa Uitgewers.

Gavin Watson was ʼn gekompliseerde karakter en met sy dood laat hy ʼn ingewikkelde nalatenskap agter.

Dít is die mening van James-Brent Styan, medeskrywer van die boek The Bosasa Billions wat dié dienstemaatskappy se betrokkenheid by ʼn netwerk van staatskaping ondersoek het.

Watson, die voormalige uitvoerende hoof van Bosasa, is Maandag in die vroeë oggendure in ʼn gru-motorongeluk op die R21-snelweg naby die OR Tambo-lughawe dood.

“Afhangende van wie jy vra sal jy hoor dat Watson ʼn ikoniese struggle held en ʼn suksesvolle sakeman was, of dat hy ʼn korrupte leier was van ʼn kultuur van staatskaping in die land,” sê Styan.

Styan en Paul Vecchiatto het Watson se geskiedenis in Port Elizabeth en sy betrokkenheid by die Bosasa-staatskapingskandaal as deel van hul boek ondersoek.

Die miljoene rande wat deur Bosasa se kontrakte met verskeie tronke en verbintenisse met hooggeplaastes in die ANC-regering gevloei het, is vroeër vanjaar oopgevlek toe Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, voor die Zondo-kommissie se ondersoek na staatskaping getuig het.

Volgens Styan is dit ʼn bekende feit dat Watson nie enige aantekeninge of rekords van sy transaksies gehou het nie. Hy het ook nie ʼn rekenaar of ʼn permanente kantoor gehad nie.

“Die uitwerking van sy dood op die Bosasa-ondersoek is ʼn geweldige terugslag. Hy was ʼn sentrale figuur wat kon help om die waarheid oor al die bewerings rakende Bosasa bloot te lê. Watson is egter nie meer hier om sy weergawe van gebeure te gee nie.”

Vecchiatto het sy skok oor Watson se dood uitgespreek en sy meegevoel teenoor sy familie en geliefdes betuig.

Hy meen die Watson-gesin speel ʼn belangrike en omstrede rol in die vorming van die Suid-Afrikaanse politiek en sakewêreld.

“Ek sou graag wou gesien het dat Watson ook voor die Zondo-kommissie getuig om sy kant van die verhaal te vertel. Ek glo hy het ʼn diepgaande kennis van alle betrokkenes by hierdie saak gehad.”

Nadat die nuus van Watson se dood aan die lig gekom het, is daar wyd bespiegel dat die ongeluk nie ʼn gewone padongeluk was nie en dat daar dalk vuilspel betrokke kon wees. Agrizzi het in ʼn onderhoud met eNCA gesê dit is egter nie nou ʼn gepaste tyd om oor die oorsaak van die ongeluk te bespiegel nie.

Maroela Media het berig Konrad Lotter, ʼn private ondersoeker wat ervare is in padongelukgevalle, is deur Watson se familie aangestel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Hy sê daar is baie moontlikhede wat oorweeg en ondersoek moet word voordat ʼn moontlike oorsaak vir die ongeluk bepaal kan word.

  • Maroela Media het onlangs met James-Brent Styan oor die boek The Bosasa Billions.  Dit is die jongste niefiksie sakeriller uit Lapa Uitgewers se stal. Die skrywers van dié boek ondersoek Bosasa se betrokkenheid by staatskaping wat vloei uit die dienstemaatskappy se kontrakte met tronke en regeringsamptenare in Suid-Afrika. Styan het met Esté Meyer Jansen gesels oor die skryf van die boek en die aspekte van Bosasa se betrokkenheid by staatskaping wat vir hom uitgestaan het. Luister na die volledige onderhoud met Styan bo-aan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Adriana ·

N Skelm wat SA so ingedoen het se plundery het nou gestop.
Of hy selfmoord gepleeg het of uitgehaal is skeel my min.

Nou toe nou ·

So lees ek Watsontjie het R500 miljoen na Guernsey oorgeplaas voor sy “dood”, en toe sterf hy sonder sy selfoon by hom. Snaaks ook dat sy karongekarongeluk ook nie ‘n verkeersboodskap op radio tot gevolg gehad het nie, ek meen nou oggend spitsverkeer en als….
Klink vir my sy “dood” is ge-stage en Mnr sit nou iewers op ‘n eiland en drink Marguaritas….

Pieter ·

Jip hy het uit die dood op gestaan die anc en sy familie dink almal is suid afrika is onder die hoenders uit gebroei as hy praat is zuma en die helfte van die anc dalk in die tronk dit is tyd vir belastingboikot

Nico ·

Nou toe nou, ek dink aan dieselfde. In SA is enige iets moontlik met die regte geld en regte skelms. Moet nie vebaas wees as sy gesin some time die land wil verlaat nie.

Pieter ·

Tyd vir belastingboikot mense dan is daar nie dertien mijard om te mors nie

Cherokee ·

Hou tog op met die belastingboikot storie wat ook net een van die nuutste rympies geword het. Tensy jy ‘n handboek gaan verskaf met ‘n verduideliking hoe te werk gegaan moet word om dit te weeg te bring. Moet nie net praat om reaksie uit te lok nie.

barend v d westhuizen ·

wel ek sal se hy is uit gehaal om dat daar te veel mense sal genoem word as hy praat daar is n slang in die ongeluk

HOE?? ·

Iets klink defnitief snaaks hier… maar hoe “FAKE” jy jou dood in so ‘n ongeluk? dalk was sy familie gedreig bv as jy nie jouself verongeluk nie gaan jou familie uitgehaal word. of -jy gaan als verloor al jou biljoene maar verongeluk jouself en ons sal seker maak jou familie word na gekyk. anders sit jy en hulle een van die dae sonder enige iets???

Ruiter in Swart ·

THE BIG TIME is verby vir die Gupta broers en die Watson broers in hierdie land…..

Johanna Botha ·

Die man het die anc vol geld gestop en tenders gekry …..

Pieter ·

Die anc regering het hom genoeg tyd gegee om al sy goed in plek te kry hy kon lankal agter tralies gewees het maar ons weet mos nou teen die tyd dat ons regstelsel net so korrup is soos hulle anc regering

Pieter ·

Jip ons belasting geld ek het klaar belasting oor betaal nou genoeg gehad van die korupte anc regering

Christa ·

Hy Moes lankal voor die kommisie verskyn het. Tydverkwisting Sal Maak dat mense landuit vlug of uit gehaal word. Hierdie land is reeds so korrup

Nanna ·

Hoe weet ons dit was ooit hy wat in die motor was !? Dalk iemand/’n pop wat soos hy lyk. Korrupsie maak dat ons twyfel of dit ooit offisiële polisie op die toneel was. Dalk alles gereël om die aandag af te trek van sy vlugplan af.

Posduif ·

Miskien moet die Zondo kommissie vir ons se waarom Mnr Watson nog nie getuig het nie. Waarom het hy nie so gou moontlik na Mnr Agrizzi getuig, terwyl die aantygings nog “vars” was en spore nog nie “dood-gevee” was nie? Dit sou mos meer sinvol gewees het hoe gouer hy getuig het, of hoe?

KL ·

Sy familie sal hom natuurlik treur. Jou aanmerking, as jy die dag sterf, sal ek ook nie treur nie.

Martin ·

KL, nie hy of daardie Familie van hom het n gewete gehad toe die anc hulle bomme geplant het nie. Hulle het die anc erg geondersteun.

TJK ·

Hy het miskien nie kans gesien om vir ‘n lang tyd agter tralies te gaan kuier nie
en maar toe die vinnige uitweg gekies!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.