Soorte resepte:

Watwou … ‘Wedwo’ is terug!

Redro- en Peck’s Anchovette-vissmeer is terug op Pick n Pay se rakke. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrikaanse liefhebbers van die Peck’s Anchovette- en Redro-vissmeerhandelsmerke kan een van die dae weer na hartelus aan ʼn vuurwarm snytjie roosterbrood met vissmeer smul.

Pick n Pay sal oor die volgende twee weke eksklusief dié twee geliefde vissmeerprodukte op sy winkelrakke landwyd uitpak.

Wes-Kapenaars kan egter reeds by 50 Pick n Pay-winkels in die provinsie ʼn bottel Peck’s Anchovette of Redro van 125 g teen R39,99 aanskaf.

Pioneer Foods het in Januarie 2022 aangekondig Peck’s Anchovette en Redro word van winkelrakke verwyder as deel van sy “voortdurende portefeuljehersiening”.

Pick n Pay en Cape Gulf Brands & Premier Fishing het egter nou hande gevat om een van Suid-Afrikaners se gunstelingsmere terug op Suid-Afrikaners se tafels te kry.

Redro is ʼn plaaslike handelsmerk wat meer as 30 jaar ʼn mededingende smeerproduk op die mark is. Peck’s Anchovette het in 1891 in die Verenigde Koninkryk ontstaan en in die 1960’s in Suid-Afrika aangekom.

Suid-Afrikaners onthou tot vandag die bekende Redro-advertensie van die 1980’s, waarin ʼn seuntjie geesdriftig alles waarvoor hy lief is opnoem; sy hond, kat en fietsie asook sy ma – wat hy dan alles “Wedwo” noem.

“Ons is verheug om die nostalgiese smaak terug te bring na verbruikers met hierdie geliefde, klassieke produkte,” sê Andrew Mills, bemarkingshoof by Pick n Pay.

Pick n Pay het in Junie vanjaar ook eksklusief die gewilde Hellmann’s-mayonnaise terug op die rakke gesit nadat verbruikers steen en been gekla het omdat die verspreiding daarvan in Suid-Afrika gestaak is.

“Ons is nie net daaraan toegewy om kruideniersware aan ons klante te verskaf nie, maar ook om oomblikke van vreugde en gekoesterde herinneringe terug te bring met die produkte wat ons bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

MC ·

Wonderlike nuus! Jy kan sommer sien Sean Summers kom die leisels oorneem. Mag ons tog weer Raymond Ackerman magic sien!

Riana ·

Dis die beste nuus nog!!! Dis net n kwessie van tyd dan sal Nesquick ook weer terug wees op die rakke.

Truman Burbank ·

Wie onthou Cadbury’s peppermint pattie van die 80’s? Selfs van die net af verdwyn. En ek mis chocolate log

Karoo ·

Hmmmmm goeie nuus…. nou hoop ek ek kan dit bekostig en dat dit net so lekker smaak soos voorheen.

Anel ·

Daar is baie wat kan terug kom, veral Chambelains, vir die maag, en Cicatrine poeier. Niks wat ‘n wond so vinnig gesond maak nie en geen merk laat nie. Maar nou ja, wensdenkery.
Niks so lekker soos ‘n stukkie roosterbrood met vissmeer nie. Heerlik!!!

Danie ·

Fantasties. So bly ek was mal oor dit. Nou kan ek weer n geroosterde toebie geniet.

Cindy ·

Ek kon dit so lank laas bekostig, so ek het nie eers agter gekom dit is van die rakke af nie.

Johann ·

Oops. Onmiddelik deur my wederhelf herrinner dat díe smeerkie nie in ruik afstand mag wees nie.

Euodia ·

P n P se nuwe man sal meer moet doen as om ‘vis paste ‘ terug te bring. Ons koop baie selde daar (ons”grozer” is OK) PnP se pryse is op heelwat items tot R3.00 duurder as OK. Hulle moet slim wees en iemand na OK stuur en kyk na hulle pryse. PNP is DUUR amper soos Woolies!!!

bolletjie blom ·

Hoop net nie die smaak verander ook nie. Niks proe deesdae meer dieselfde nie. Dit is eintlik hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.