Die Suid-Afrikaanse atlete, Wayde van Niekerk en Caster Semenya, is albei deur die Internasionale Atletiekfederasie (IAAF) vir twee gesogte titels benoem.
Van Niekerk is benoem vir manlike atleet van die jaar nadat hy tydens die afgelope Olimpiese Spele, ʼn gouemedalje in die 400m vir Suid-Afrika losgenael het en Michael Johnson se wêreldrekord van 1999 verbeter het. Hy het die 400m in 43.03 sekondes (0.15 sekondes vinniger as Johnson se poging) gewen. Van Niekerk sal onder meer teen Usain Bolt en Mo Farah meeding om die gesogte titel.
Semenya, wat goud gewen het in die 800m vir vroue, in die Olimpiese Spele is as vroulike atleet van die jaar genomineer.
Die wenners word deur ʼn drieledige stemming aangewys.
Die raad van die IAAF se stem tel 50% .
Die IAAF-‘familie’ se stem tel 25% . Dit sluit ondermeer in die IAAF se federasies, komiteelede, atletiek-ambassadeurs, voorste atlete, lede van die internasionale pers en die IAAF se amptelike vennote.
Hierdie twee groepe stem per e-pos.
Die derde groep wat mag stem is die publiek – die atletiekliefhebbers en natuurlik die atlete. Dié stem moet op die IAAF se sosiale media platform uitgebring word en dit tel ook 25% van die uitslag.
Die IAAF het Dinsdag die lys van 10 mans en 10 vroue, wat om die gesogte titels meeding, bekend gemaak. Die toekennings word op 2 Desember in Monaco oorhandig.
Die ander benoemdes is:
Mans
Usain Bolt
Thiago Braz da Silva
Ashton Eaton
Mo Farah
Eliud Kipchoge
Conselsus Kipruto
Omar McLeod
David Rudisha
Christian Taylor
Wayde van Niekerk
Vroue
Almaz Ayana
Ruth Beitia
Vivian Cheruiyot
Kendra Harrison
Caterine Ibarguen
Ruth Jebet
Sandra Perkovic
Caster Semenya
Elaine Thompson
Anita Wlodarczyk
Usain mag dalk die titel wen omdat hy nou op ‘n hoogtepunt uitgetree het, maar sowaar, ek hoop maar Wayde kry dit! Altwee (Wayde en Caster) verdien dit om te wen! Ons hou duimvas julle!
Wat mans aan betref, dit is nie sommer so tjoef tjaf dat een van die ander sal wen nie, nie naby nie.
Bolt het hom in die geskiedenis verewig deur die eerste mens, dalk die enigste ooit te word wat drie goues in drie agtereenvolgende spele kon verower, dus nege in totaal (die trippel trippel).
Die persoon se prestasie wat beter as Usain s’n is, sal met die toekenning wegstap, dit sal die grootste geskiedenis skok ooit wees.
Dit is vir Sportman 2016, vorige jare kan nie in ag geneem word nie, daar moet na 2016 se prestasie gekyk word, dan staan Wayde kop en skouers uit, 16 jaar oue rekord verpletter. Die enigste wat kan pla as hul kyk na meeste goue medaljes, dan is dit Usain, sy vorige jare kan egter nie tel, hy het toe reeds elke jaar gewen. Mo Farah het ook n uitstekende jaar gehad.
Kom hulle in aanmerking vir sportman van die jaar?
Moet wees, Piet.
Met al die raskwotas is sport wonder ek nou: is Wade “black enough” vir die toekenning?
Ek hou groot duimvas vir Wayde en Caster, wow jul hou Suid-Afrika se naam hoog!