Wayde en Caster draf Monaco-rekords kaf

Foto: AP Photo/Natacha Pisarenko

ʼn Mens aanvaar dit feitlik as vanselfsprekend, maar Suid-Afrika se twee goue medaljewenners by verlede jaar se Olimpiese Spele, Wayde van Niekerk en Caster Semenya, lyk werklik onoorwinlik.

Van Niekerk het Vrydagaand in Monaco by die Diamantligabyeenkoms die soveelste rekord van die legendariese Michal Johnson met sy tyd van 43:74 in die 400 m verbeter. En sommer net om die talent in die suide van Afrika ten toon te stel, het die twee Botswana-atlete, Isaac Makwala (43:84) en Baboloki Thebe (44:26) onderskeidelik tweede en derde geëindig.

Johnson se byeenkomsrekord is op twee weke na 19 jaar gelede opgestel, maar sy 43:96-tyd is maklik deur Van Niekerk verbeter.

♦  Semenya het kwaai teenstand gehad, maar was weer net te sterk vir haar teenstanders toe hulle die pylvak binnekom.

Haar wentyd van 1:55.27 is die vinnigste vanjaar, meer as ʼn sekonde vinniger as die vorige beste (1:56.61) en ook beter as haar eie byeenkomsrekord van 1:55.33.

Sy is gevolg deur Francine Niyonsaba (1:55.47) en Ajee Wilson (1:55.61).

♦  Suid-Afrika se Akani Simbine het derde ná Usain Bolt (9:95) en Isiah Young (9:98) in die 100 m geëindig. Simbine se tyd was 10:02.

♦  Wanda Nel het meer as ʼn sekonde stadiger as haar beste seisoentyd gehardloop toe sy vyfde in die 400 m-hekkies geëindig het. Haar tyd was 55:90 – meer as twee en ʼn halwe sekonde stadiger as Cori Carter van die VSA se wentyd van 53:36.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wow ·

Wow Wayde, Caster, Akani en Wenda julle maak mens trots en ongelooflik 4 top atlete in die voorste linies. Akani byt vas jy gaan voor kom, dit is die 1 feit wat uitstaan. Wenda ek is ook baie positief oor jou, byt vas, werk en gaan vir dit.

Delia ·

@michael en Mooi So……voel julle goed oor julle self met die naamsverandering?
Baie geluk Wayde en Caster….ons is trots op julle….
so ook Akani Simbine, dit wil gedoen word!

Bekommerd ·

So bly ons atletiek toon weer ‘n oplewing. Geluk aan al die atlete en hul afrigters!

Bekommerd ·

So bly daar is weer oplewing in ons atletiek. Geluk aan al die atlete en hul afrigters!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.