Weber-egpaar se liggame gevind

Die liggame van Mariëtte en Mof Weber is Donderdag gevind. (Foto: Verskaf)

Die liggame van die vermiste onderwysers van die Hoërskool Ellisras in Lephalale is Donderdag deur die polisie gevind.

Mof en Mariëtte Weber het Woensdag verdwyn toe hul boot vermoedelik oor die Mokolo-damwal gestort het.

Adriaan Joubert, hoof van die Hoërskool Ellisras, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

“Julle was legendes in Ellisras en in Hoërskool Ellisras,” het hy in ʼn WhatsApp-boodskap gesê.

Hy het die voorval as een van die mees tragiese dae in die geskiedenis van die skool beskryf.

“Julle nagedagtenis leef voort in julle kinders en die opvoeding van al die Rassies van die afgelope drie dekades. Ons salueer u.”

Die liggaam van ʼn 11-jarige seun wat ook saam met die egpaar op hul boot was, is reeds Woensdag omstreeks 14:00 naby wrakstukke van die boot gevind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.