Wedstrydknoeiery in rugby ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Donderdag gesê hy gaan bewerings van wedstrydknoeiery by klubs in die Wes-Kaap ondersoek.

Oregan Hoskins, president van Saru, het gesê ʼn prokureur is aangestel om vermeende pogings om die uitslae van wedstryde in Boland-klubrugby te wysig, te ondersoek. “Bewerings dat van die uitslae verander is, of ʼn poging aangewend is om uitslae te verander, is baie ernstig. Dit maak nie saak op watter vlak van die spel dit plaasvind nie,” het Hoskins gesê.

Hoskins sê niemand is nog aangekla nie. “Die ondersoekbeampte se eerste funksie is om die meriete van die bewyse te ondersoek en dit dan aan die uitvoerende hoof voor te hou vir moontlike stappe. Dit is in hierdie stadium nog baie moeilik om te sê hoe lank die ondersoek gaan voortduur, maar dit is ernstige aanklagte en dit moet dringend opgelos word,” het hy bygevoeg.

Lees ook:
Knoeiery in Boland word ondersoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.